‘Polisieman’, nog verdagtes beroof toeriste op toerbus

Foto: P. Bakker het die foto van die toerbus aan De Telegraaf verskaf.

ʼn Groep toeriste van Nederland, meestal bejaardes, is Sondag kort ná hul aankoms in Suid-Afrika op hul toerbus oorval en beroof.

Volgens De Telegraaf, ʼn Nederlandse koerant, is die groep van 36 mense Sondagoggend in Johannesburg oorval kort nadat hulle by die OR Tambo-lughawe geland het.

Brig. Vishu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Dinsdag die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Die toeriste was onderweg na ʼn lodge toe die busbestuurder glo gedwing is om stil te hou deur ʼn man wat vermoedelik ʼn polisie-uniform aangehad het.”

Die toergids is glo vasgebind en die busbestuurder is gedwing om na ʼn afgeleë gebied te ry.

“Daarna het ʼn groep verdagtes in normale kleredrag op die bus geklim en die toeriste van hul persoonlike items beroof,” het Naidoo gesê.

Die toeriste beweer daar is vuurwapens op hulle gerig en hulle is van persoonlike items soos selfone, geld, horlosies asook hul bagasie beroof. ʼn Passasier, wat saam met sy pasgetroude vrou in die land was vir hul wittebrood, het aan die koerant gesê die voorval het sowat 20 minute geduur en was baie gewelddadig. Baie mense was paniekerig en het gehuil.

Die busbestuurder het die toeriste ná die aanval na ʼn nabygeleë hotel geneem waar hulp en owerhede ontbied is.

Een persoon is beseer en na ʼn hospitaal geneem.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Ons doen ʼn beroep op enigiemand wat inligting oor die voorval het, om Crime Stop by 08600 10111 te skakel.”

Lees ook: Polisieminister besoek beroofde toeriste

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Braam ·

Baie welkom in ons pragtige land, vol geweld en haat. Elkeen vir homself. Geen gevoel geen genade.

Johann ·

Nie dat die wereld n dinges omgee nie…maar WYS en VERTEL vir die wereld wat in SA gebeur die iomblik wat jy jou voete hier neersit. Deel gerus aan en in ons geweld en moordlus en brand en breek en verwoes en steel….ANC LEGACY!!!!!!

Karma ·

Ja-nee, en dit is nou dié land wat ‘n bod ingesit het om die 2023 WRT aan te bied (en nogal oor die vereisde minimum-versekeringsaanbod se bedrag gegaan het, seker met Gupta-geld). En mnr. Ramaphosa sê Suid-Afrika nóú is ‘n baie ander land as SA in 1995!!! Ja, mnr. Ramaphosa, ons weet dit mos: in ’95 was daar darem nog ‘n mate van wet en orde en behoorlike regering onder die “Madiba-wolk-van-euforie”. Intussen het Zuma en die Guptas ons getref. Nou is dit net korrupsie, staatskaping, moord en misdaad en hordes volksvreemdelinge wat oor ons (eens-gewese) mooi, veilige land se grense stap. AAN ALLE BUITELANDSE BESOEKERS WAT VLAAMS/AFRIKAANS/NEDERLANDS KAN LEES EN VERSTAAN: BLY WÉG UIT SUID-AFRIKA. Dit is hopeloos te gevaarlik vir enige een om hier te kom reis en toer!!!!

leon ·

Geen normale sport in abnormale samelewing!

Staan die 2023 planne tee.

Lou ·

Wat ‘n pragtige beeld wat ons ou landjie uitstraal na die buite wereld.

Theresa ·

Sjoe, dis darem jammer dat die patiese klomp misdadigers so seëvier! Sal selfs een van die goed wat nog ietsie sal inbring in dié plek, ook vernietig = toerisme. Foei, verstaan seker glad nie hoe dit werk nie. Nederlanders moet elkeen ‘n identikiet laat teken en beskrywing van elkeen gee wat hul geterroriseer het vir hul goedere. Publiseer asb dan die identikiets.
Hierdie mense ht goed geweet die toeriste kom aan en klim in daardie bus. Vang die skuim en wys ons wie dit is!!

christa ·

Niks snaaks nie, alles moontlik in hierdie land. Skelms vier hooggety in die land want topbestuur gaan hulle voor.

Hendrik ·

Dit behoort ons wêreld rugby hosting n maase hupstoot te gee! Crime pays on SA…vra masr vir die Zupta brakke!

Hendrik ·

Ek voel weer dat ons behoort nie enige sportgeleenthede aan te bied voordat die gemiddelde misdaadsyfer nie ooreenstem met die eerste wereldlande nie.

Jackie ·

Dit is nie die tipe publisiteit wat ons land nou wil he nie veral omdag ons die 2023 rugby wereld beker will aanbied nie.

Pieter ·

Dis nou die goeie storie waarvan ZUMA EN DIE ANC REGERING VAN PRAAT.Moord en doodslag, roof en so kan ons aangaan. SLEGTE STORIE ZUMA EN ANC. SLEGTE STORIE.

marous ·

Kom , stuur nog baie toeriste dat hulle kan sien hoe pragtig is die land waarvoor hulle so hand om die blaas saam gedans het. Moet ook nie bus ry nie , gooi sommer duim saam met die hele familie!

Annie ·

Met al die geweld, moord, roof, steel, diefstal, hijackings gaan ons nooit die Wereldbeker kry om in 2023 aan te bied nie, dan sit ons ook met bedrog in parlement, groot skelm vir President en korrupsie.

Alida ·

Wat ‘n VIESLIKE SKANDE is dit nie vir ons land nie. Waar is Fikele nou met sy “opgradering” van sekuriteit by die OR? As ons in Amsterdam land word ons met ope arms ontvang en behandel maar in hierdie barbaarse land word die toeriste aangeval en besteel. Mens kan dit nie verwerk nie. SIES !!!! Die Guptas het klaar die land gesteel en gekaap en regeeer lankal. Hierdie voorval is die cherry op die koek.!!!! Ons sal nie die bod kry vir die WB nie. Mooi so Zuma en & kie.

Snoefels ·

Ja maar die regerende party is voor demokraties gestem deur die onskuldige inwoners..

Ada ·

Ek hoop dit word wereldwys vertoon sodat almal kan sien in wat se “veilige” land ons woon.

Johagem ·

Ja hulle het mos jare terug die struggle ge ondersteen , nou struggle sy burgers hier .

Deloris ·

Welkom in SA……Fikile jy se nog niks…. hoe gaan jy jou SAP opskerp en oplei? Sal seker net weer sooooos gewoonlik praatjies wees net om mense onder die indruk te bring… ons gee kamtig aandag hieraan maar biks word gesoen of opgetree nie. Ek skaam my vir SA…..

Nods ·

Daarsy, en dan wonder mense nog hoekom ek mense van Nederland waarsku om weg te bly uit daai land het. Nóú sal meer na my luister. Ek hoop dit potjie ook die RWC bid, daai land moet geen toeriste ontvang nie.

Henk Venter ·

Tog opvallend dat dit nie op kyknet nuus gesien is nie. Sensuur ? Vir wie skerm hulle ?

Haha ·

Kyk die buitelanders glo mos nie wat hier aangaan nie en like om in die land van “Melk en Heuning” hulle geldjies op ons goedkoop dingetjies te blaas… Welcome in the real SA… moenie nou aan die tjank gaan nie, dis die heuning daai…. melk is ongelukkig klaar op.

Justice ·

Ek glo dat nie een van die toeriste na dese hierdie week Vilikazi straat meer wil besoek nie.

Cor ·

Dit is seer sekerlik nie n persoon wat voorgee hy is n poliesieman nie dit is soos die engelse se “The real mcoy” daarvan kan ons seker wees. Soos die rooftogte by Acsa en verkoop van vuurwapens aan die bendes in die Kaap en elders.

Tanya ·

Waarom op hierdie aarde wil mens in Suid-Afrika kom toer? Waarom besoek toeriste nog hierdie afgryslike land? Waarom kom wittebrood hou in hierdie hool? Wat gaan die polisie minister se besoek aan hierdie getraumatiseerde mense help? Dan moes die een wat beseer is ook nog seker na een van die slegse hospitale in ons land geneem geword het ook?

Peet J ·

Ek hoop van harte dat die toergids hierdie toeruste ook die witkruise gaan wys sodat hulle bewus kan word waarmee ons witmense daagliks mee te kampe het in die Nuwe Suid-Afrika ook hoe ons van dag na dag vir ons veiligheid in ons eie tronke moet leef. Miskien moet die minister van polisie reël dat toeriste in die toekoms deur polisiereserviste vergesel word.

Melanie ·

Bly hulle is ongedeerd as ek mag sê ondersoek OR Tambo Lughawe,die bus het vertrek van lughawe af.Iemand in die lughawe hou toeriste dop dan seker per foon laat kriminele laat weet.Hul volg die bus/voertuig so.Want hoe het hulle geweet strenger optree teen die wat net rond hang daar ek en my man het gesien toe my skoonsus van Dubai kom kuier het,hoe ons self dop gehou was deur 4 mans binne die lughawe,my man nogals gesê hulle hang rond vir kwaad doen!

Ja hoor ·

Ongelukkig het die mense in die verlede juis veroorsaak dat die hede nou so lyk. Nou kan hulle saam met ons kom deel in die land van melk en heuning waarvoor hulle help veg het.

Boet Fasie ·

Lande moet Suid Afrika boikot dat geen sport hier aangebied word totdat toeriste se veiligheid nie gewaarborg is nie en kwotas in sport verbied word. Verder moet oorsese lande ook plaasmoorde en bende geweld veroordeel.

HPV ·

Nou wat noem die agbare minister die daaglikse aanvalle op ons landburgers, nie eers te praat van vyftig landsburgers wat per dag vermoor word nie. Net in die die uur wat hy hulle toegespreek het is twee mense vermoor, talle beroof en verkrag. Het hy dit ook aan hulle oorgedra? Nee seker nie.

Amsterdammer ·

Het is inderdaad vreselijk dat dit gebeurt is. Heb zelf 5 weken geleden de zelfde reis gemaakt en de chauffeur welke wij toen hadden, is helaas nu het slachtoffer geworden van deze geweldadige overval. Daarnaast ben ik er van overtuigt dat miljoenen mensen dit totaal niet goedkeuren, het is een groep van een groot aantal mensen die het voor de rest verzieken. Ik hoop dat mijn landgenoten dit tragische incident zo goed mogelijk kunnen verwerken, zo jammer dat ze dit hebben moeten meemaken. Zuid Afrika kan zo een prachtig land zijn, en ja, ik spreek uit ervaring!

Ik als Amsterdammer wil iedereen (slachtoffers) die betrokken is bij dit verschrikkelijke misdrijf mijn medeleven geven. Het grijpt mij behoorlijk aan, gezien ik de bestuurder ken. Uit privacy zal ik geen naam van de betrokken bestuurder noemen.

Alida ·

Ek bly in die buiteland. Dit is ongelukkig so dat die locals hier oor die algemeen NET ‘weet’ dat Mandela ‘n hero is wat ‘n groot groep swart mense gered het van ‘n onderdrukkende minderheid witmense. En vertel jy hulle kyk hulle jou met groot oë aan asof jy vir hulle van Rooikappie en die wolf vertel. Mens kan net verstaan wat regtig aangaan as mens self in SA gebly het. Soos Dr Phil altyd se ‘you can’t know what you don’t know’.

Stem 100 % saam ALIDA ·

Alida jy is doodreg, almal in SA (ek bly ongelukkig nog hier) dink die oorsese lande neem kennis van die plaasmoorde en al die ander misdaad en kapings en diefstalle in SA. Hulle het nie ‘n clue nie. Ek sien selfs tydens die opstande by Universiteite het hulle petisies laat teken omdat die studente (wat net graag hulleself wil verbeter en studeer) so hardhandig deur die polisie hanteer is. Die media is BAIE selektief met dit wat hulle buiteland toe stuur. Die doodskis en KFC video word die wereld ingestuur, die aanranding van toeriste en moorde op plaasboere sowel as oumense in klein dorpies en stede word VERSWYG. Verder het ek persoonlik in Spanje mense uitgevra of hulle weet waar Suid Afrika is, niemand het geweet nie, die enigste ou wat ‘n raaiskoot gewaag het het gevra : IS IT IN AMERICA? nouja . ons sit en wag hier om GERED te word, hulle deal met hulle eie probleme soos immigrante en vloede, het ‘n saak met Suid Afrikaners wat daagliks beroof en vermoor word!

bgj van der westhuizen ·

die regering kan nie eers die misdaat wat elke dag plaas vind beheer nie hoe wil hulle dit met groot sport been koms beheer soos laas wat al die sapd lede van die aeas af en laat hulle werk na by waar die een koms is die land val uit mekaar misdaat is die nomer een werk wand die kans dat jy tronk toe gaan is min

Pers Heks ·

So kyk ons die naweek tv en sien die advertensie wat een of ander staatsdepartement gemaak het oor die bevordering van toerisme in Suid-Afrika. Ja, sê ek daar gaan mos niemand by ons wil kom kuier in hierdie vuil land as die misdaad so lekker hoogety vier nie …. en kyk nou …. sowaar as vet!!!! Die Hollanders het hulself seker doodgeskrik!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.