Polisieman, nog vier vas oor rooftog

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Vyf mense, insluitend ʼn polisiebeampte, is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende rooftog by ʼn winkel in Limpopo.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê twee veiligheidswagte is by die winkel van hul selfone en vuurwapens beroof. Die winkel is op die pad tussen Musina en Louis Trichardt geleë.

Volgens Otto het die polisie Maandagoggend ʼn motor van die pad af getrek by ʼn vierrigting-stop op die N1. “Die vyf verdagtes is in hegtenis geneem en daar is op 10 selfone en twee vuurwapens beslag gelê. Daar is met verdere ondersoek vasgestel dat een van die verdagtes ʼn polisiebeampte is.”

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die verdagtes ook by ander misdade betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bekommerd ·

Waarheen gaan ons Polisiemag. Kan ons nog die woord Polisie noem. Bestaan dit nog of moet ons eerder se die Kriminele Afdeling. Dit is scary dat ons land se polisie so agteruit gegaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.