Polisieman, omstander tydens kaping geskiet

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Motoris en ʼn polisiebeampte is Donderdag geskiet toe ʼn gewapende bende ʼn vragmotor, wat sigarette vervoer het, naby Randfontein in Gauteng gekaap het.

“Die twee is getref tydens ʼn skietery tussen die polisie en die bende van ongeveer 12 mans,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die voorval het omstreeks 06:00 op die R28 tussen Sebokeng en Randfontein plaasgevind, nadat die polisie inligting oor die beplande kaping ontvang het.

Polisiebeamptes het drie voertuie langs die pad parkeer sien staan en die insittendes het op hulle losgebrand.

Die vragmotor is in ʼn nabygeleë veld opgespoor waar die kapers die sigarette op ʼn bakkie gelaai het.

Die motoris en beseerde polisiebeampte is na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie is op soek na verdagtes wat met ʼn BMW, ʼn Kia-bakkie en ʼn Moran-sportnutsvoertuig gery het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dave ·

So, die polisie het geweet dat die kaping beplan word maar hul eie beplanning kon dit nie fnuik.
Hulle het voor die tyd geweet en volgens diè karige inligting moet hulle ‘n ander beplanner kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.