ʼn 37-jarige polisiebeampte staan tereg op aanklag van die nalatige hantering van ʼn vuurwapen nadat sy broer glo die vuurwapen gesteel het en later dood is toe ʼn vriend hom daarmee doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.
Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Sondag omstreeks 05:30 in Lekoko- informele nedersetting in Noordwes plaasgevind. “Die polisie in Mmabatho ondersoek ʼn saak van moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat Doctor Matheledi (24) glo Tshepo Kgosiemang (28) doodgeskiet voor hy homself doodgeskiet het.”
Kgosiemang het glo die vuurwapen by sy 37-jarige boetie gesteel terwyl hy gelê en slaap het. “Die vuurwapen was glo onder ʼn kussing versteek. Tshepo het die vuurwapen gevat en dit later aan Doctor oorhandig,” het Hlathi bygevoeg.
Hy het gesê volgens die inligting wat die polisie ontvang het, het Matheledi glo Kgosiemang in die kop geskiet, voor hy selfmoord gepleeg het. Hulle is albei op die toneel dood verklaar.
Lt.genl. Baile Brenda Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het ʼn beroep op polisiebeamptes gedoen om verantwoordelik op te tree wanneer hulle hul vuurwapens hanteer of bêre. Sy het gewaarsku dat lede nie immuun is teen die voorwaardes van die Vuurwapenwet nie.
So, polisie beamptes is nie immuun teen vervolging nie …. ek is 55 en glo nou nog aan die tandemuis en Kersvader.
@Fransie, ek sekondeer en stem met jou skrywe. Gedurende ons tyd kon jy nie ‘n vuurwapen tuis geneem het tensy ‘n volledige inspeksie bepaal het dat jy as lid voldoen aan die veilige berging van jou wapen. Adersins as jy nie gemagtig was nie, moes jy by voltooing van skof die diens wapen inhandig nadat dit veilig gemaak is en alle uitreikings rondtes van skof nagegaan is en dan in ontvangs afgeteken deur die bevelvoerder aan diens. Is of was hier nie dalk nalatigheid betrokke nie en wat van as kinders dit onder die kop kussing kon bekom het terwyl Pa of broer gaan inkopies doen het of enige ander besigheids transaksie. Mense faktore speel ‘n groot rol met vuurwapen gebruike en veiligheid daarvan.
Oom Boer. Met BAIE tong in die kies gesê, verwys die beleid op vuurwapens dat dit nie in ‘n motor voertuig of in ‘n laai toegesluit word nie aangesien dit nie veilige bewaring is nie. Die beleid sê niks van kopkussings nie. Die lid sal nog loskom op ‘n tegniese “pers” punt ook.
As ek reg onthou, is die nuwe hoof van die polisie in KZN, wat nou die dag aangestel is, se dienswapen uit sy voertuig gesteel ‘n klompie maande gelede waar dit by ‘n winkel sent rum geparkeer was terwyl hy & ‘n kollega ‘shopping’ gedoen het. Hy is nié vervolg nie & is nou die baas in KZN. Hoe regverdig die kommissaris haar kommentaar? ‘I smell a rat’!