Polisieman ondersoek ná vrou se dood

Maryka Kleinhans. Foto: Facebook

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn polisiekaptein van eMalahleni in Mpumalanga na die dood van ʼn 31-jarige vrou met wie hy in ʼn verhouding was.

Maryka Kleinhans is Sondagaand dood nadat sy glo uit ʼn motor geval of gespring het naby Loskopdam.

Kapt. Awie Geldenhuys van die eMalahleni-polisie het glo die motor bestuur. Geldenhuys en Kleinhans was die afgelope paar maande in ʼn verhouding.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het aan Maroela Media bevestig hulle ondersoek die saak aangesien iemand glo in die teenwoordigheid van ʼn polisiebeampte dood is.

Dlamini het navrae oor of Geldenhuys geskors is hangende die ondersoek, na die polisie in Mpumalanga verwys.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê Geldenhuys is nie geskors nie maar dat ʼn interne ondersoek ook plaasvind.

Kleinhans se ouers, Johan en Petro Bezuidenhout, kon nie onmiddellik met Maroela Media praat nie maar het onderneem om dit in ʼn latere stadium te doen. Kleinhans word Maandag ter ruste gelê.

Dit is nie die eerste keer dat Geldenhuys in omstredenheid gedompel is nie. Daar was al bewerings van onsedelike aanranding teen hom.

Die Middelburg Observer berig Kleinhans was ʼn haarkapper en dat sy ʼn driejarige dogtertjie uit ʼn vorige verhouding het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Karolis ·

Wat van as sy uit die motor gestamp is?
Hoe kwaad moet ‘n vrou wees om uit ‘n motor te spring?

Nicola ·

Ek stem Karolis. Veral n ma met n 3 jarige kind….! In n ander berig is gese dat sy die 8ste Feb moes getuig teenoor n ander man wat hom as polisieman voorgehou het. Daar is te veel rooi ligte wat hier aangaan.

Narisha ·

Die feit dat almal wat al klagtes teen hom gele het se dossiere weggeraak het en daar na vele pogings nie verklarings geneem is nie, se baie. Die feit dat n ander polisieman gepraat het en gese het waarvan hy weet in secunda , se baie. Die Kaptein het klaarblyklik n probleem, en al die sake moet sommer gesamentlik ondersoek word en hy moet aan die pen gery word, van sy wit pilletjies ingee, tot ontvoering, aanranding, aanranding met die opset om ernstig te beseer, molestering, verkragting, poging tot moord en moord.

Nicola ·

Skokkend as jy die man gaan opsoek op die internet…..soveel klagtes al teen hom. Medelye aan die ouers en die res van die familie. Mag reg en geregtigheid geskied.

Sandy ·

Ja tik net in Google Awie Geldenhuys en sien meer oor die knaap. Smaak my hy kom weg met baie. Wonder hoekom? (‘n retoriese vraag), want ek ken die antwoord. Wat ‘n mooi meisiekind was die Maryka nie. My innige simpatie gaan uit na haar ouers en familie. Ek hoop julle sal die antwoorde kry waarna julle soek, en dat reg sal geskied vir julle en haar onthalwe.

RHG ·

Ek het gaan kyk, Sandy. Daardie gesig sê klaar “bad news!”
Haar ouers was ook nie gelukkig oor hom nie.

Janie ·

Kan nie glo hy is nie geskors nie. Hy het al soveel ander klagtes teen hom gehad, maar blykbaar het nog niks van een van hulle gekom nie. Hoe is dit moontlik dat hy nog in die polisie is!?

Hy was 'n boelie ·

The same captain was reportedly involved in an incident in February 2016, when he allegedly dropped a seemingly intoxicated woman on a pavement after carrying her out of a local bar.

The Citizen published CCTV footage of the policeman carrying the woman out of the bar in the early hours of the morning. She was reportedly found covered in blood hours later in front of a house where she and her parents had used to live.

Middelburg Observer in 2016 published a long list of allegations of a sexual nature against the captain dating back to 1998. These included allegations of drugging women, sexual assault, rape and fondling.

He was, however, never convicted on any of the allegations.

Blommie ·

Dis baie hartseer en as jy ander berigte lees kan mes beswaarlik glo dat sy gespring het.
RIV
Jou hele lewe het nog voor jou gele

toy ·

Lyk my daar was al lankal rooi ligte met hom en nou is n dogter sonder haar ma.

Zetta ·

Ek stel voor Polisiebeamptes word elke 2 jaar geevalueer. Daar is darem maar net te veel voorvalle waarin mense na aan hulle deur hulle seergemaak of doodgemaak word.

PJC ·

As iemand nie op ń manier kan reël dat die aangeleentheid behoorlik ondersoek word nie sal daar weereens niks gebeur nie. Dit is uit talle koerantberigte van die aard duidelik dat polisie mekaar beskerm.

pw ·

Ek sien hier is ‘n paar mense wat erg veralgemeniseer. Moet asseblief nie alle Polisiebeamptes onder een kam skeer nie. Net soos in talle ander beroepe en vlakke van die samelewing vind moorde plaas. Polisiemanne sal altyd in die kollig wees en dan hoor mens meer van sulke gevalle. Moet ook nie die ou reeds skuldig bevind voor hy nie ‘n regverdige verhoor gehad het nie. Net hy weet wat daar gebeur het en hopenlik kom die waarheid uit, en word hy gestraf indien hy die oorsaak van haar dood was. Baie ernstige traumas vir verskillende families om te verwerk

André ·

Stem saam met jou pw. Mense tog so gou om te veralgemeen, kritiseer en hulle eie afleidings maak.

MS ·

En dan wonder mdie regering hoekom ons nie die polsie meer kan vertrou nie.

Gesiggie ·

Beslis nie normaal vir iemand om net uit te spring , tensy hy haar gedruig het? en sy gedink het dit is haar enigste uitweg…dit klink maar vir my of die Kapt Awie n bietjie van n probleem gehad het… My innige meegveoel aan Maryka se ouers en Familie… hoop dat jul n antwoord sal kry op jul vrae….

Sam ·

Awie was vir baie lank my buurman. Hy hou te veel van jonger meisies…en ja hy het al met te veel weggekom.

Zene Serfontein ·

N Spesialis eenheid en privaat ondersoeker ondersoek tans die saak. Die saak sal ni onder d mat ingevee word nie.

Anne-Marié Botha ·

Ag nee! Nog een. Hoe tragies. Haar arme familie.
By the way mens is nie noodwendig kwaad as jy uitspring uit ‘n voertuig nie, mens kan ook ontsaglik desperaat wees. Of daar kan ander omstandighede wees. Mag die waarheid seëvier. Alle sterkte aan haar naasbestaandes.

Dina ·

Hoe tragies. My hart gaan uit na daardie ouers en klein dogtertjie wat nou sonder n mamma moet grootword. Vroue in hierdie tegnologiese eeu maak asb seker wie die mens is aan wie jy jou verbind. Doen navorsing en vlug betyds as daar enigsins n aanduiding is van wangedrag. Lewe is te kosbaar om dit deur n ander te laat opmors.

Heksie ·

Dis nou hoogtyd dat hierdie man vir sy dade moet begin boet, hy kom net te maklik weg daarmee ….
“it takes a criminal to catch a criminal” so OPOD laat ons sien wat julle uitgerig kry!
En skors die vent sonder salaris!

Joubert ·

Dis belaglik dat hierdie ou met soveel al weggekom het. Dis vir my heel duidelik uit vorige berigte dat hy eenvoudig ‘n gevaar is vir die samelewing, veral vir vrouens. Ons regsisteem het ons weereens gefaal.

Penelope ·

Hoe siek moet jy wees om mense so te mishandel. Lyk my daar is heelwat mans wat in die polisiediens is wat hierdie streep weg het. Hulle lei aan meerderwaardigheidskompleks en gebruik hul rang of posisie om oor die wet te loop. My stiefpa was net so ‘n “mak monster” en in die kerk staan hy voor en sing. Hulle tipe weet hoe om mense die rat voor die oe te draai. Jy sal jou dag kry. RIV en sterkte vir die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.