Polisieman ondersoek oor ‘jy kan net ʼn dooie wit man vertrou’

Mthimunye se WhatsApp-status. foto: Verskaf

Mthimunye se WhatsApp-status. foto: Verskaf

Die polisie het bevestig dat hy voortgaan met dissiplinêre aksie teen ʼn swart polisiesersant oor sy WhatsApp-status dat ʼn wit man net vertrou kan word wanneer hy dood is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die dissiplinêre aksie teen sers. Hendric Mthimunye voortgaan en dat daar ook ʼn interne ondersoek van stapel gestuur is.

Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het 12 van Mthimunye se kollegas bygestaan om ʼn grief teen hom in te dien nadat sy WhatsApp-status glo gelui het: “Never Trust the White Man, the only Time you Trust Him is when he is dead.” Volgens Groenewald het die sentrum ook ʼn brief aan Mthimunye se bevelvoerder gerig waarin daar versoek is dat daar teen hom opgetree word.

In die grief voer Mthimunye se kollegas aan: “Ons voel dat die woorde rassisties bedoel en haatspraak is. Ons werk op ʼn daaglikse basis saam met sers. Mthimunye in die Suid-Afrikaanse Polisiediens se honde-eenheid in Pretoria waar ons as ʼn gewapende eenheid funksioneer. Ons voel dat ons nie ʼn persoon kan vertrou wat blatant rassistiese uitlatings maak en haatspraak bevorder teen ons as wit lede in ʼn operasionele omgewing nie. Ons as polisiebeamptes moet mekaar vertrou en op mekaar staatmaak om mekaar se lewens te beskerm in die mees ondenkbare gevaarlike situasies.”

Volgens Groenewald het die eerste stap van die griefproses Vrydag plaasgevind maar kon daar nie bevestiging ontvang word dat daar enige stappe teen Mthimunye gedoen is nie. Hy het gesê daar is bloot instruksie aan Mthimunye gegee om die WhatsApp-status te verwyder. “Ons sal ons lede bystaan met die grief en voortgaan om ʼn saak van mildelike aanspreeklikheid teen die SAPD te open indien dit bevestig sou word dat die SAPD versuim om dissiplinêre stappe teen die persoon te doen.”

Groenewald het gesê dit is onaanvaarbaar dat ʼn polisiebeampte wat ʼn diens aan die publiek, insluitend witmense moet bied, dié tipe rassistiese uitlatings maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

M ·

Ek dog ons is ‘n Demokratiese land! Hoe moet ons die swart Polisieman vertrou om wit mense te beskerm. Hy gaan staan ek kyk en lag eerder as om te help.

Derick ·

Mens moet versigtig wees hier – jy kan nieregtig die onderdaan blammeer vir sy optrede as dit maar eindlik bevorder word deur die regering nie.

Die kanse dat jy met ‘n onkundige vredebeampte gedoen gaan kry is baie groot, en met die dat net hoeveelheid tel en nie die kwalliteit nie, gaan dit nog baie slegter raak.

Gerhard Bezuidenhout ·

Moet nie staan en mooi broodjies bak met die blikskottel nie,fire hom summier . Indien dit n blanke polisieman was , sou hy reeds uit diens ontslaan gewees het. Dit is mos vir moeilikheid soek om in moeilike situasies saammet hom te werk. Sy soort sal jou in die rug skiet.

Theresa ·

Nou toe nou nê?! Sal graag wil sien wat is die uiteinde van diè sakie……..

Rina Pretorius ·

Ek is eerlik, ek vertrou nie die nuwe regering se polisie kandidate nie want daar is geen liefde vir ons by hulle te bespeur nie, ek sal nooit weer die polisie nader vir hulp nie, ek kontak eerder die sekuriteitsmaatskappye se mense vir hulp, hulle is in elk geval vinniger by enige toneel of situasie as die polisie, sorry vir die nog goeie polisiemanne en vroue hoor dis nie op julle gemik nie

Francois ·

Sersant, jy is heeltemal reg, jy moet seker baie bang wees!!! Om bang te wees is nie n sonde nie, maar jy moet net weet ons is nie kwaad vir jou nie. Wees maar bang

carel ·

At leaset you can trust a white man at some stage – some people you can not trust even when they have died……

How can this man do his job in the saps if he is such a racist?

I must say some people have brains smaler than penuts………just to write this show you how clever this sargent is… or not….

carel ·

At leaset you can trust a white man at some stage – some people you can not trust even when they have died……

How can this man do his job in the saps if he is such a racist?

I must say some people have brains smaler than penuts………just to write this show you how clever this sargent is… or not……

Anna ·

Die gemors hoort nie in so posisie nie!!! Laat hy klippe kap!!!

Annemarie Bassonl ·

Wat ‘n stuk gemors!!!!!! Wonder wat die wonderlike polisie daaraan gaan doen??? NIKS, soos gewoonlik, die soort skuim is mos kroonwild.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.