Polisieman ondersoek oor rassistiese kommentaar

Sithole se beweerde uitlatings. Foto: Skermskoot/Facebook

Sithole se beweerde uitlatings. Foto: Skermskoot/Facebook

ʼn Polisiebeampte verbonde aan die Witbank-polisiestasie in Mpumalanga het glo rassistiese uitlatings op sosiale media gemaak.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het bevestig hy ondersoek sers. Elvis Sithole se beweerde uitlatings.

Sithole het glo die volgende uitlating op Facebook gemaak: “Gewoonlik versmoor ek dié tipe rassiste ’n bietjie met ʼn vullissak voor ek hulle by die aanhoudingselle inboek aangesien dit nie merke agterlaat nie. Hulle word net rooi. Nadat ek die papierwerk afgehandel en hulle toegesluit het, vat ek die dossier saam huis toe sodat niemand hulle kan vrylaat tot hulle op die volgende hofdatum voor die agbare landdros in die hof verskyn het nie.”

Sithole het die uitlatings glo gemaak in reaksie op ’n nuusberig oor ʼn motoris wat hardhandig deur lede van die Johannesburgse Metropolisie uit sy motor geruk en in hegtenis geneem is nadat hy ʼn beampte glo die k-woord toegesnou het.

Robbie Raburabu, woordvoerder van Opod, het gesê ʼn nuusinstansie in Witbank het ʼn skermskoot van Sithole se beweerde uitlatings aan hulle verskaf. Kapt. Eddie Hall, woordvoerder van die Witbank-polisie, het intussen aan Maroela Media gesê hulle is reeds vroeër van Sithole se beweerde uitlatings in kennis gestel waarna ʼn interne ondersoek begin is.

Volgens Hall het Sithole beweer dat sy broer die uitlatings gemaak het. “Volgens Sithole het hy op die spesifiek dag sy foon by die huis vergeet. Ons sal nou ook ʼn verklaring van sy broer afneem en die interne ondersoek gaan voort.”

Hall het gesê Sithole is nie geskors hangende die ondersoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Betaal af ·

Gee hom gas. Sit dit op tv. Laat al wat n party iets se op media. Toy toy sodat hy afbetaal kan word,nie net geskors word met n salaris nie. Hy hoord nie in sy pos nie. Sterkte

Stil ·

Daar sal tog absoluut niks van kom nie; was dit ‘n wit beampte sou hy lankal die trekpas gekey het.

Stil ·

Daar sal tog absoluut niks van kom nie; was dit ‘n wit beampte sou hy lankal die trekpas gekry het.

Mira ·

Maar laat dit nou ń blanke was wat sulke goed op sosiale media gesê het. Oh wee dan het hy vanaand in die tronk geslaap, hy is afbetaal en daar wag jare se moeilikheid vir hom! Wat gaan met hierdie polisieman gebeur? Net mooi niks! Nee hy gaan eerder bevordering kry.

Maddox ·

En waar is die DA nou?.. hulle is mos altyd so vining om wit (ekskuus .. kug..kug) rasiste by die MRK te gaan verkla. Sal seker nou weer tjoepstil bly ne….

Piet Snot ·

Komaan DA ondersteuners, verdedig jul party teen bostaande bewerings.
Ek’s eerlikwaar geïnteresseerd om jul kant vd saak te hoor.

Vicus ·

Ja nee wat, die ANC Lite sal weer doodstil bly. As dit n blanke was sou daar ook nie “na bewering” geskrywe gewees het nie. Hy sou net eenvoudig skuldig gewees het.

Lance ·

Nie net woorde nie hy doen dit aan mense trek sakke oor hulle koppe …sien tasisme is oral …net al die media platforms wat dit nou so uitlig en beskikbaar maak vir almal wat seker ook goed is ..

koos ·

Daar sal niks van die ondersoek kom nie…..volg maar op na n jaar of wat en wat die DA betref net jou stem tel nie jou reg om demokraties en gelyke regte in sa nie

Xa ·

Doodse stilte van die DA en alle ander media. Tot beeld se website praat heel bo oor Mabel maar niemand se n woord oor die nuus nie.

Blinde Sjambok ·

…is gebruik van die k-woord (soos die u-woord) ‘vryheid van spraak’ volgens ons liberale Grondwetlike konstitusie of is dit amptelik gekriminaliseer? Indien nie is daar geen gronde vir arrestasie nie. Tot tyd en wyl dan …

Joann ·

Maddox ek stem saam. DA net aan anderkleuriges se kant. Ek STEM NIE. Geen party voldoen aan my vereiste nie.

Woes ·

Om nie te stem nie benadeel jy die hele land. Stem Dan net vir n party wat die minste sleg is in jou opinie.

Popeye ·

Mense, mense….bedaar gou en luister….goeie ding hier! Rassisme is beide kante toe….’n rassis is ‘n rassis. Hierdie is goeie rede om nie bloeddruk op te jaag waar. , mag ek se wit op swart rassisme gebeur nie. Die bewys is nou hier dan nie? Dit gebeur beide kante toe. Moet nooit , OOIT toelaat dat skuldgevoel jou hieroor oorweldig nie! Wittes alleen is nie rassiste nie. Ons laat ons te veel lei deur die media se “pro swart” berigte waar alles wat swart heilig is. Dit pas hulle…..so wat doen ons as wittes??? Die “heiliges” is nie so heilig teenoor selfs hulle eie broers nie! Afrika is ‘n baie moelike konsep om te verstaan….

Mielie ·

Hierdie storie behoort aan n groot klok gehang word, geen ophef word eers hiervan gemaak nie…..geen wonder daar is soveel haat in die land, Wat vir een tel, tel nie vir die ander nie.

vermeende ·

Kannie, dit is SA die, die klok is saam met kabels gesteel.

Lance ·

Joann al wat ek se is die Kaap werk onder die DA …not perfect maar BAIE beter as Gauteng glo my

Wim Kotze ·

Lance, jy het seker ‘n vingerfout gemaak. Jy het die “s” van sonder uitgelaat.

Jonas ·

Die Kaap werk nie beter oor die DA nie, maar oor die demografie.

Frederik ·

Die DA gaan hom defnitief nie hof toe vat nie en ook nie skors nie, want hy is swart.

At ·

Hoekom die DA uitsonder, wat van Afriforum en kie wat ook so graag hofsake maak>

Otterknol ·

At, want die DA wil witmense wat soortgelyke oortreding of ligter hof toe vat sodat hulle stemme kan wen. Dit is waarom DA uit gesonder kan word. Dit gaan oor konsekwent wees.

Ouman ·

Geen aksie sal teen hom geneem word nie. Daarom het mense geen respek vir SAPS nie. Ek het geen simpatie met sy soort nie en hoop hy loop hom erens in die donker vas teen sy moses.

Drikus ·

Sulke publieke dreigemente (dit is niks anders nie) pas nie in ‘n gesonde gemeenskap nie. Dit pas ook nie ‘n geregsdienaar nie. Dit is uiters laakbaar. Mag die man tot ander insigte gelei word.

Koos ·

Kwansuis sy broer? Wat is waarheid? Mens hoef nie “clairvoyant” te wees om te weet nie

GES ·

Opmerklik, as die rassiste of sogenaamde aktiviste geïdentifiseer word raak hulle verskriklik lafhartig en beskuldig iemand anders. Ek kan help om te dink aan die persoon wat die Rhodes must fall veldtog begin het ook soos ‘n lafhart sy aandeel ontken het. Wat alles nog meer laakbaar maak is dat hy sy studies met ‘n Rhodes-beurs finansier.

E ·

As Sithole beweer sy broer het dit gesê, dan verneem ek sy broer is ń beampte soos hy? En as dit wat hy beweer waar is neem ek aan dat hy ń plastiek sak oor dieselfde wit man waaroor ń paar dae terug berig is se kop getrek het?

Tronkvoel ·

So een van die twee moet verantwoordelik gehou word. En nie agter toe deure in n interne ondersoek nie, dit moet uitkom.

Kaspaas ·

Swart teen wit rasisme word nie erken nie net soos wit armoede nie erken word nie. En dit is net Maroela media wat storie dra omdat dit nie n wit persoon is wat die uitlatings gemaak het nie is dit nie nuuswaardig nie.

Oom Kalahari ·

Sjoe, maar dit wys nou weereens dat Mal-emma onlangs reg was toe hy mond gespoel het teenoor Nr1 (cANCer) en noem dat die meeste van Polisie en Weermag EFF lede is. Hoe vertrou jy of nader die polisie met sulke optredes en dade. Die een wat jou moet beskerm is jou misdadiger. Gou om blaam na broer te verskuif wat ek nog minder glo.

Pappa Beer ·

Waar is daardie groeppie wat met die universiteite se debakel gereken het “…blacks can’t be raccist…” nou? Hulle is almal nou stil. Swart teen wit rassisme is op sy ergste graad in hierdie land, maar niemand sal dit openbaarlik erken nie.

Kaspaas ·

Het die DA al n klag gele. In die vorige fevalle is n klag binne 24uur gele. Dan weer die DA is net n ander weergawe van cANCer

Arizona ·

Sy foon by die huis vergeet? As Opid hulle huis werk goed doen kan hulle optel watse sel torimg sy selfoon naby was maar soos ons almal weet sal dit nie gebeur nie. Die DA is te slap gat om enige iets hieroor te doen want dis nie n sensasie storie nie

Louise ·

Eerstens – Maroelamedia, gee elke persoon ‘n kans wat kommentaar lewer volgens julle bepalings en voorwaardes. Ek sê solank dankie ! Neem asb. Die geagte mnr. Die Polisieman, trek ‘n vullissak oor sy kop en vergeet hom in die selle met plastieksak oor sy kop, daar sal geen merke gelaat word nie! Van hierdie saak sal NIKS kom nie, as dit ‘n BOER polisieman was – skuus mens, dan was jy al LANKAL af gedank. Wie is rassisties ??? Die wat die arme K-woord gebruik of …….. ???? Gelukkig is die B – woord vir ons ‘n groot trots !!

Oupa Hen ·

Dit was Adv. Mabel Jansen se suster wat alles aan Gillian Schutte gestuur het!

Shontell ·

Die wat dit beleef het om deur daardie polisieman mishandel te word, moet maar self uitkom met die storie. Of dit so is of nie sal ons nog nie weet nie. Dalk is dit net weer iemand wat sensasie soek..

Jan ·

Woes as jy alles verloor het agv. regstellende aksie ,wat se baat gaan jy daar by vind .Gaan op facebook en sien hoe lyk hy as persoon en en sy klere wat hy aan het.As jy stem is maar net nog ń setel vir iemand wat niks vir jou gaan beteken nie en hom self verryk in die parlement.

Izzy ·

Weet die regering SAL niks hieraan doen nie….net ontken. Waar is die DA? Hulle sal verseker ook stilbly, want hulle is net net mationette in die hand van die regering. Afriforum is enigste wat nog probeer iets doen.

Cheryl ·

Berig in plaaslike Witbank Nuus.
“According to Capt Eddie Hall Police Spokesperson – Brig Delisiwe Goodness Motha Local Station Commander, investigated the allegations. Const Sithole explained that he did not post any remarks on Social Media. He blamed his brother.
BRIGADIER ACCEPTED HIS EXPLANATION AND CONSIDERS THE MATTER AS RESOLVED, CAPT HALL SAID

Belinda ·

So dan het sy broer ook toegang tot die hof en die selle….

Jan ·

Izzy daarom stem ek vir geen party nie maar ondersteun Afriforum ten volle.Alle partye wag seker vir AFRI.wat nie ń politeke party is nie om op te tree.

Deonk ·

As jy nie stem nie moet jy nie oor enigiets kla nie. Geen party is volmaak nie, stem vir die een wat jou die minste kwaadmaak. Om nie te stem nie is n verskoning vir te lui wees om die dag daar op te daag, en wys jy gee niks om vir jouself, familie, vriende in die land nie.

sarie van heerden ·

Nie-swart mense moet leer om hul monde toe te hou want alle kommentaar is beskikbaar aan die ander en uiteindelik is dit die kommentaarleweraars wat geteiken word.

Koos van der Merwe ·

Daar sal dadels van kom. Die verweer is reeds aangeteken: Elvis Black het sy foon “tuis gelaat” en dit kan dus nie bewys word dat dit HY is wat daardie inskrywing gemaak het nie. Oor en uit. Blankes moet ophou hoop dat die regime se veiligheidspersoneel aan enige ander kant is as die regime en sy dienaars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.