Polisieman oor wapen aangekla ná 13-jarige homself skiet

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Marcus Trapp/Pixabay)

’n Adjudant-offisier verbonde aan die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke, beter bekend as die Valke, in Limpopo word aangekla van die nalatige bewaring van ’n vuurwapen nadat ’n 13-jarige familielid homself met die beampte se dienspistool doodgeskiet het.

Die voorval het Maandag omstreeks 16:30 in Thohoyandou plaasgevind nadat Phethani Kwinda sy oom se 9 mm-pistool in die hande gekry het. Die beampte het glo die vuurwapen in ’n slaapkamer laat lê.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê dit is nog onduidelik of Phethani hom per ongeluk geskiet het, of sy eie lewe geneem het.

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale kommissaris van die polisie in Limpopo, het die voorval veroordeel en daarop gewys dat ’n vuurwapen slegs in ʼn geslote kluis of ʼn holster gehou mag word indien dit nie gebruik word nie.

“Daar sal dienooreenkomstig teen die lid opgetree word,” sê Hadebe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Persheks Adri ·

Aangekla vir nalatige bewaring van vuurwapen? Dis moord die kind is oorlede en vir wat lê sy wapen rond?

VaalDonkie ·

Dis nie moord nie. Woorde beteken iets. Kriminele nalatigheid is wel iets waarvoor mens kan tronk toe gaan.

Misky ·

Totaal en al onbevoeg met geen sin vir antwoordelikheid nie. Nee heng man, sies!!!

lodewyk ·

Cele jou mafia stel jou elkke uur in die verleentheid,kry jy nie skaam nie??,dit is so duidelik dat jy niks beteken as polisie minister nie,en jy wil ons wapens wegvat??,kry jou siek huis eers in order………,net die ANC hou jou nog in jou pos ,glo my as die ANC val,dan val jy saam,ek verstoud my om te se dat enige ienand wat kan lees en skryf n beter “job”sal doen as jy en meer verstand het!!!!

Persheks Adri ·

Nee net ons eerlike burgers jy weet mos! Hy gaan probeer stel dit so Sarel

Nico ·

Cele kyk wat doen polisie, laat vuurwapens rondlê het nie eers ‘n behoorlike kluis nie, wat gaan jy aan die saak doen ‘n onskuldige kind het sy lewe verloor weens nalatigheid. Hierdie persoon gaan vry gespreek word deur die swak howe van die land.

VaalDonkie ·

onthou ook net dat die polisielede nie onder die gesag van die Vuurwapenbeerwet van 2000 val nie.

Anoniem ·

Mooi. O wee, dit is omdat daar nie meer ordentlike opleiding verskaf word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.