Polisieman op hoofweg vermoor

Die misdaadtoneel. Foto: Twitter

Die misdaadtoneel. Foto: Twitter

ʼn Polisiebeampte is Woensdagoggend op die N2-hoofweg in Kaapstad aangeval en vermoor.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het gesê die 50-jarige adjudant-offisier, wat verbonde was aan die handelsmisdaadeenheid, is op die N2-hoofweg deur ʼn onbekende aantal verdagtes oorval is. Volgens Kinana was die beampte nie in sy motor toe hy verskeie kere met ‘n mes gesteek is nie. Volgens berigte het hy sy motor se band omgeruil.

Die beampte is op die toneel dood verklaar. “Die omstandighede rondom die voorval word steeds ondersoek. ʼn Moordsaak is geopen vir ondersoek en die verdagtes is steeds soek,” het Kinana gesê.

Genl.maj. Thembisile Patekile, waarnemende polisiehoof in die Wes-Kaap, het sy medelye met die beampte se familie, vriende en kollegas uitgespreek.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte, kapt. Kenneth Speed, by 082 411 2127 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gustav van Bellville ·

Die pap wiel was vermoedelik veroorsaak deurdat die voertuig oor bakstene gery het , wat oor die pad gepak was. Dit blyk dus ‘n beplande misdaad te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.