Polisieman op N2-snelweg doodgeskiet

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

ʼn 48-jarige polisiebeampte verbonde aan die Hermanus-polisie is Dinsdag in die vroeë oggendure doodgeskiet deur verdagtes wat vermoedelik ʼn vragmotor vol perlemoen wou kaap.

Kapt. Lloyd Ramovha, provinsiale woordvoerder van die Valke vir die Wes-Kaap, het Woensdag aan Maroela Media gesê die polisiebeampte, ao. Carl de Does, was nie aan diens ten tyde van die voorval nie.

“Die oorledene het een van die veiligheidsvoertuie bestuur wat die vragmotor met wettig gekweekte perlemoen vergesel het toe ʼn onbekende aantal gewapende verdagtes glo die vragmotor op die N2-snelweg naby die Spineweg-afrit probeer kaap het,” het Ramovha gesê.

Verskeie skote is tydens die voorval afgevuur en De Does is noodlottig gewond. Die bestuurder van die vragmotor kon daarin slaag om met sy vrag na die Pinelands-polisiestasie te ry om hulp te ontbied.

Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

Ramovha het gesê die Valke ondersoek ʼn saak van moord en poging tot kaping. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eish ·

Ek hou glad nie van die ” liberated” Suid Afrika nie. Lewens is heeltemal te min werd.

Galgtou ·

Bring my terug. Ongeag of die SAPD-lid aan- of afdiens was, die doodvonnis vir alle moorde moet ingestel word waar onbetwisbaar bewyse is.

LV ·

Ek voel jammer vir sy familie,dis onwettig om as SAPS lid sekuriteitswerk te doen,so dit mag uitbetalings aan sy familie beinvloed.

Gerrit ·

Ek verstaan nie die polisie se beheptheid met perlemoen nie tensy die storie nie reg is nie en die polisieman die perlemoen kar gery het vir die skelms.

Hansie ·

Gerrit, dalk het hy die vrag vervoer. Aan die Rant word oud reserviste en weermag personeel gebruik om sigarette te vervoer, aangesien die manne paraat is en bes moontlik n kaping situasie beter kan hanteer en die vrag beskerm. Dalk wat hier ook die geval was

Hansie ·

Gerrit, dalk het hy die vrag vervoer. Aan die Rant word oud reserviste en weermag personeel gebruik om sigarette te vervoer, aangesien die manne paraat is en bes moontlik n kaping situasie beter kan hanteer en die vrag beskerm. Dalk wat hier ook die geval was

Jef ·

Oom Jan en familie ek dink aan julle in die moeilike tyd wat julle deurgaan.
My neef, rus sag.

Hermanus-inwoner ·

Julle praat te maklik. Wettige perlemoen is ‘n uitvoerproduk en bron van inkomste vir SA. Die polisie is behep as hulle iets probeer beskerm en laks as hulle dit nie doen nie. Carl het diep spore getrap hier en was ‘n speurder 1000. Hermanus vereer hom vir sy werk en sy nalatenskap. Die media mag nie altyd al die feite publiseer nie, die ondersoek is sensitief. Carl, en nog dapper locals soos hy, waag hulle lewens om een van ons kosbaarste uitvoerprodukte van die swart mark af weg te hou. Dit het hom en sy geliefdes duur genoeg gekos sonder verspotte bespiegelinge. Rus in vrede, Carl. Hermanus mis jou.

Rose ·

Jammer vir julle verlies van ‘n bereidwillige siel…mense soos hy is skaars soos dit is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.