Polisieman op skietbaan doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Polisiebeampte van Durban is Woensdagoggend dood nadat hy op ʼn skietbaan in Pietermaritzburg geskiet is.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die beampte is per ongeluk raakgeskiet en is onmiddellik na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas. Hy is egter kort daarna op die operasietafel dood.

Naicker wou nie die naam van die beampte bekendmaak of sê of dit ʼn ander polisiebeampte of ʼn lid van die publiek was wat hom geskiet het nie. Hy het wel gesê ʼn saak van strafbare manslag word deur speurders van die Mountain Rise-polisiestasie ondersoek.

“Ons is nie in ʼn posisie om enige verdere inligting bekend te maak nie aangesien die ondersoek nog in ʼn vroeë stadium is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

jakes ·

‘n BRIGADIER wat sulke snert kwydraak? Offisier vat skietbaan sy bevel EN verantwoordelikheid. Ou bevel was beveilig en verklaar geen skerppunt in jou besit- wie onthou nog doppies optel? Bekommerd as dit nou so op skietbane gaan hoor.

Mick ·

Vir inspeksie hou geweer, Verklaar. “Hiermee verklaar ek dat ek geen skerppunt ammunisie, oorpluisies of enige dele daarvan in my besit het nie”. As die korporaal weggeloop het, het jy bygevoeg “maar die tanks, ratels, mortiere en landmyne in my besit gaan saam my huistoe op my volgende pas”. Dit was die dae toe plastieksakke nog verniet was en jy vir kondome moes betaal.

Karel Sieta ·

Stem saam! Hoekom kan hy nie meer inligting gee nie of is daar weer soos gewoonlik ‘n storie agter die storie of hy bloot onbevoeg… of moet hy eers sy storie uitdink en of bevestig met “hoofkantoor”

HEVW ·

Gesag, verantwoordelikheid en dissipline, en dan nog die vermoe om 2 maal te dink.

Jan ·

Dis tragies, maar as jy met vuurwapens werk moet jy streng veiligheids dissipline toepas.

Die Amerikaanse Kol Jeff Cooper se 4 reels van vuurwapen veiligheid som dit goed op:

1. Alle vuurwapens is altyd gelaai.
2. Moet nooit die wapen rig op enigiets wat jy nie wil vernietig nie.
3. Hou jou vinger van die sneller af totdat jou visiere op die teiken is.
4. Maak seker van jou teiken en wat agter dit is

Max ·

Dit is wat die Nuwe Polisie uitkoms- gebaseerde opleiding noem. Miskien het die instrukteur nog bystand gegee !

Morné Berry ·

Dis die verskil tussen vandag se opleiding en jare terug toe ek in die Kollege was. Jy was goed opgelei in die klas en op die skietbaan was daar nie tyd vir foute nie, want my instrukteur het gesê dat jy sommige foute nie kan herstel nie en hier is dit nou weereens bewys. Sterkte aan ons kollega se familie en vriende wat agtergebly het. R.I.V

Jan maak n Plan ·

En Maroela het juis nou die dag ‘n berig gehad oor die onbekwaamheid van die Polisie met vuurwapens. As die baan offisier ordentlik toegesien het na baan en wapen veiligheid kon hierdie ongeluk 98% voorkom gewees het. Uiters tragies.

Gerhard ·

Ek moet sê dat ek in my weermag dae (1986) ook amper deur my mede soldaat raakgeskiet was op die skietbaan. Hy het ‘n storing gehad en gedraai met sy geweer in my rigting met sy finger op die sneller en skielik gaan die skoot af en trek die projektiel deur my boshoed. Dis was baie naby gewees of ek was nie vandag hier gewees nie. Ongelukke gebeur orals en party mense is glad nie bevoeg om wapens te hanteer nie a.g.v. verskeie redes.

Mike ·

My dae op die skietbaan,,,,,vuurwapen altyd grond toe rig,eers as jy teiken het dan korrel jy……..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.