Polisieman-pa fnuik glo kollegas se ‘plan’

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Twee polisiebeamptes wat van uitbuiting, korrupsie en aanranding aangekla word, het Maandag in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Bellville verskyn.

Mzoxolo Toto (32) en Khululekani Mndlunya (34), wat albei by die Nyanga-polisiestasie gewerk het, moet weer op 7 April in die hof verskyn.

Volgens die klagstaat het Toto en Mndlunya een oggend vroeg in Junie 2013 ʼn motoris, Sisa Yanta, van die pad af getrek en hom van dronkbestuur beskuldig. Die beamptes het glo vir Yanta gesê hulle gaan hom na die Athlone-polisiestasie neem vir ʼn bloedtoets. Hy het glo aan hulle gesê hy moet amper by die werk wees.

Die beamptes het toe glo vir Yanta gesê “kom ons praat daaroor” waarna hy hulle glo omkoopgeld van R50 aangebied het. Die beamptes het dit glo as ʼn “belediging” beskou en vir hom gelag.

Yanta het toe glo aangebied om meer geld by sy pa te gaan haal waarna die beamptes hom glo na sy ouers se huis gevolg het. Die pa, wat ook ʼn polisiebeampte is, het aan sy twee kollegas gevra hoekom hulle geld soek, waarna hulle glo geantwoord het: “Jou seun weet hoekom”.

Die twee beamptes het agterdogtig geraak toe die pa “te veel vrae” gevra het waarna hulle bystand ontbied het. Volgens die klagstaat het sewe polisievoertuie hierna op die toneel opgedaag en is die pa en seun in hegtenis geneem. Die pa is glo ook in die proses aangerand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Pendoring ·

Hier moet in diepte gekyk word na die klomp Polisiemanne. As sewe voertuie met Polisie opdaag om te kom help om omkoopgeld te kry laat dit my wonder of daar nog enige eerlike manne by daardie stasie is. Die Pa is ook nou’n gemerkte man.

Veritas ·

Ek vra byvoorbaat om verskoning aan die handjievol polisiemanne en -vroue wat nog hul werk eerlik en met toewyding doen. Die algemene indruk, wat die publiek van die SAPS het, is een van ‘n klomp gewapende bendelede en misdadigers met slegs een doel voor oë. Selfverryking.

Gironki ·

Die ironie is, dat wanneer daar ‘n werklike noodgeval is, dan het die polisie te
min of geen voertuie beskikbaar om te kan reageer nie.

neelsie ·

Hoe leer jy jou kinders om die SAPD te vertrou?
SAPD vermy ek so ver moontlik.

Rita Kloppers ·

Dis tyd dat die lede wat SAPS, se naam skade doen en die beeld en vertroue skade doen. GEFIRE word. Dis omdat daar nie meer ordentlike keuring plaasvind nie.

Dawie ·

Welkom in Suid Afrika niks nuut. Hulle volg net die voorbeeld wat van bo gestel word tov selfverryking en geen respek tov jou medemens nie.

wilma ·

Maak daardie polisie stasie toe en skors almal sal ek se. Wat help dit niemand hoor

Johann Marx ·

Dis die Afrika manier, mense. Ek doen vir jou iets en jy gee vir my iets. Niemand werk vir ‘n “salaris” nie…..’n Salaris is jou “reg” omdat jy opdaag vir werk. Van daar af is dit “Ek doen vir jou iets en jy gee vir my iets”……Hier by ons word die taxi’s afgetrek, die JMPD beampte gee vir die taxibestuurder ‘n lêer, die bestuurder sit die JMPD se fooitjie daarin, en gee dit terug….want dit hoe dit werk. Jy hou my op die pad….en ek gee vir jou iets vir jou moeite. As jy 10 taxi’s per dag aftrek, en elkeen gee jou R500……en jy werk 20 dae per maand? R100 000 per maand, belastingvry.

Frederik ·

Kyk, as alle lede wat die SAPS en Valke se beeld en vertroue skade doen “ge-fire” word, gaan daar bitter min oorbly. Swak opgelei, swak opgevoed, meestal half ongeletterd en met ‘n houding van “Ek’s ‘n man want ek het ‘n gun”. Ongelukkig vir hul het die crooks wat gereeld een aan diens doodskiet ook “guns” en lyk beter opgelei.Die probleem, na my mening, is dat feitlik alle seniors politieke aanstellings is. Die Valke se hoof is deur ‘n regter as ‘n onbetroubare karakter en ‘n leuenaar beskryf, maar hy’s desondanks steeds aangestel.
Dit is hoekom sy ondergeskikte, ene Laux, optree soos hy optree. Neem ‘n 21 jarige laaitie in hegtenis vir die Parysmoorde en hoop hy gaan sing omdat hy jonk is en dalk makliker vir hom bang gaan raak as al die ander oueres. Ek hoop die mannetjie bly net tjoepstil.

GES ·

Tragies!!! Ek voel innig jammer vir die paar oorblywende polisiebeamptes wat hulle werk eerbaar en toegewyd doen. Die res kan maar by bendes aansluit, hulle is slegter as die skurke wat hulle moet aankeer. Jammer om dit te sê maar ek vertrou slegs polisiebeamptes wat ek persoonlik ken.

Wat betref die inhegtenisnameproses, toe daar versterkings aangevra word, daag daar sewe voertuie met polisiebeamptes op. Lagwekkend … Sestien beamptes (gemiddeld twee per voertuig) om twee mense te arresteer. Bo en behalwe korrup is hulle nog onbevoeg ook.

Annatjie Bezuidenhout ·

Polisie was al in 1979 korrup. Ek praat uit ondervinding. Hercules Polisiestasie in Pretoria het my oe oopgemaak. Vetrou GEEN Polisieman nie.

Johann ·

Ja dit is altyd hartseer om so iets te lees, maar die goed daaraan is dat dit ‘n ander polisiebeampte is wie die oortreder aangekeer het. Ongelukkig het oneerlikheid ‘n lewensstyl in ons land geword. Van nommer een tot op grondvlak, alle sfere van die samelewing word daardeur geraak en nie net die polisie nie.

Gertjie ·

Ek stem saam met jou Annetjie. My oe is ook oopgemaak deur speurder Smit…

Derick Saaiman ·

Wat ‘n korrupte spul misdadigers in polisie uniform. Mag die duiwel hulle haal.

Dee ·

Waarom is daar geen senior polisielede wat hier lees en die sewe-polisiekarre-insident opvolg nie? Dit is dieselfde klomp wat dikwels ‘nie ‘n voertuig beskikbaar het’.

Eugene ·

Sewe polisie voertuie het opgedaag….
Ongelooflik dat die reaksietyd dan eweskielik so goed is en dat daar dan eweskielik gereageer kan word, maar, hoeveel male hoor mens dat die SAPD nie eers hulle fone antwoord nie of nie opdaag by ‘n toneel nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.