Polisieman-pa skiet glo seun se moordenaar dood

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn 25-jarige verdagte is Dinsdag in die vroeë oggendure tydens ʼn huisroof, waarin ʼn jong man vermoor is, in Newslands West buite Durban doodgeskiet.

Kol. Thembeka Mbhele, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die verdagte het omstreeks 03:00 op ʼn huis, dié van ʼn polisiebeampte, in Chippendale toegeslaan en toegang verkry.

“Die beampte was na bewering besig om te slaap toe hy sy 22-jarige seun om hulp hoor roep het. Hy het gaan ondersoek instel en gesien sy seun is besig om met die verdagte, wat met ʼn mes gewapen was, te stoei en het gebloei,” het Mbhele gesê.

Volgens Mbhele het die beampte vir sy vrou geskree om sy vuurwapen te bring, wat sy gedoen het. Die beampte het tussenbeide getree en die mes van die verdagte afgeneem, waarna die verdagte glo ʼn vuurwapen uitgepluk het. “Daar is later vasgestel dat dié vuurwapen ʼn speelgoedpistool is.”

Die beampte het die verdagte op die grond neergepen totdat sy vrou sy vuurwapen gebring het, waarna die verdagte in die maag geskiet is. Hy is op slag dood.

“Die beampte se seun is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy weens sy beserings beswyk het. Hy het ʼn steekwond aan die linkerkant van sy liggaam opgedoen.”

Daar is later vasgestel dat ʼn hoëtroustel en selfone vermis word. Die moontlikheid word ondersoek dat die verdagte ʼn medepligtige gehad het.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, huisroof en doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Barend j ·

Is ek verkeerd as ek se hy het die met voorver dagterade geskiet is dit nie moord nie

snoefie ·

soos ek die storie sien het die “verdagte” met voorbedagterade gesteek.

Marita ·

As moordenaars/inbrekers meer dikwels so vasgevat word, sal dit eers met “crime” begin beter gaan.
Hulle het altyd kwansuis regte maar wat van die wat aangeval word?

Arno ·

Sal graag die ondersoek wil volg en uitslag hoor. Indien die polisiebeampte pa vrygespreek word – skep dit ‘n president vir soortgelyke voorvalle vorentoe. Dan kan enige persoon wat aangeval word, sy aanvaller vaspen en skiet. ‘n Maagskoot waarborg meestal ‘n aaklige dood. Jammer geen simpatie met die aanvaller nie.

Karma ·

Arno, moet ons dan nou – wanneer ons aangeval word – maar terugstaan en sê: “Skiet/steek/verkrag my maar en vat alles wat jy wil hê”? Myns insiens het die polisieman in selfverdediging opgetree. Indien hy bv. die “verdagte” agternagesit het as dié sou vlug of hom dalk op ‘n ander manier opgespoor het en tóé doodgeskiet het, sou dit beslis moord met voorbedagte rade gewees het.

lw ·

Dit was n geveg van lewe en dood. Geen simpatie vd inbreker nie, die inbreker moes voorsien het toe hy inbreek dat hy doodgemaak kan word. Vir die beampte se seun wie oorlede is, my innige simpatie. Was dit nie vir die inbreker nie, sou jou seun nog geleef het.

zahn ·

Die inbreker is dood, fone en ander items is weg. Die polisie ondersoek die moontlikheid dat daar ‘n medepligtige was. Mis ek iets hier of wat?

JayJay ·

Kom daarvan as jy ‘n speelgoedrewolwer na ‘n “gun fight” toe bring.

Theresa ·

Alle simpatie aan die ouers van die jongman. 100% reg dat ‘n person wat inbreek by ‘n ander se eiendom EN nog die vermetelheid het om enige een in daardie huis aan te raak of seer te maak, geskiet kan word. dis hoe dit behoort te wees in alle gevalle. NIEMAND moet ongenooid in iemand anders se eiendom inkom nie. of hul goedjies vat nie. Basta met die skelms en hoe hul vertroetel word.

Theunis Kruger ·

Wanneer jy iemand 3 uur in die nag in jou huis betrap, is hy nie daar om homself aan jou voor te stel nie, nog minder om saam met nou ‘n koppie koffie te drink nie. Moenie vrae vra nie of wonder nie. Skiet dood, hy het wette oortree, wat die SAPD nie meer toepas nie. Enige redelike mens het die reg om sy mense en eiendom te beskerm. Daardie reg is ook in die Grondwet vervat.

ekke ·

Ek het en sal weer skiet as jy in my huis kom sal ek jou roer dis my plek my privaatheid .
Daai mense kom om te moor en te steel nie om te kom kuier.so glo my as jy al in so omstandigehede was sal jy verstaan alles gebeur vinnig.
En na die tyd sit jy nog jare met die probleem.

Annie ·

Polisieman het reg op getree,, hulle het hulle kind ook verloor deur die skelm, maar skelms is altryd reg – meer mense moet so begin optree en miskien sal hulle die boodskap kry – voel niks jammer vir die skelm of sy familie nie.

Chris Ws ·

Die polisieman het reg opgetree deur die gewapende inbreker te skiet.Hy gaan zero oorkom.Die inbreker het dan sy seun vermoor en hom met ‘n dodelike wapen aangeval!Daai speelgoed wapen tel teen die inbreker nie vir hom nie.Die regering behoord die invoer en verkoop van speelgoed gewere heeltemal verbied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.