Polisieman pers B&B-eienaar glo af

Foto ter illustrasie.

Die valke in Germiston het Donderdag ʼn 37-jarige polisiekonstabel in hegtenis geneem nadat hy glo die eienaar van ʼn gastehuis in Randburg afgepers het.

Soja Tshabalala het dieselfde dag nog in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklag van uitbuiting en korrupsie. Dit nadat hy glo gedreig het om die eienaar van ʼn plaaslike gastehuis in hegtenis te neem omdat hy kwansuis belastingsregulasies sou oortree en ʼn bordeel bedryf. Tshabalala wou R60 000 van die eienaar hê, anders sou hy hom summier toesluit.

Die polisieman het glo op 2 Maart in volle polisieuniform en in sy diensmotor by die klaer opgedaag saam met twee onbekende burgerlikes wat hulle as beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) voorgedoen het. Die drie het die klaer glo gedreig dat hulle sy onderneming gaan sluit as hy nie gehoor gee aan hul eise vir kontant nie. Die eienaar is glo gedwing om sy bankrekening op sy skootrekenaar oop te maak en R35 000 na een van die verdagtes se rekening oor te plaas.

“Die saak is aan die Valke oorhandig en Tshabalala het homself kort daarna aan die polisie oorhandig,” het kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, gesê.

“Die ondersoek duur voort en verdere inhegtenisnemings word binnekort verwag.”

Tshabalala se saak is tot 30 Maart uitgestel en hy bly in aanhouding.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dup ·

So word die SAPD stadig maar seker deel van die misdaad landskap.Dit gebeur as jy kriminele in diens neem.

Hennie J ·

So blatant en banaal!
Vir die klaer om sommer ook vinnig die oorplasing te maak beteken net een ding: hy is so skuldig soos wat kan kom en het eers daarna besluit om te kla. Ook vreemd dat die konstabel bewus was van sy oortredings maar dat die polisie nie vroeer teen hom opgetree het nie.
Gevolgtrekking: n goeie leplek vir die polisie wat toe deur die gulsigheid van een van hulle eie tot orde geroep is.

Eltan ·

Dit gebeur daagliks reg oor die land…wat anders verwag mens van die takke van n krimenele staat..

LANA is ELANè ·

En dit liewe mense is waarom ek glad nie, maar glad nie in ‘n miljoen jr, enige mens in die SAPD se uniform vertrou nie.
Ek is doodbang vir hulle as hulle in ‘n radius van 5 meter van my kom, juis omdat mens nie weet wie van hulle te vertrou nie.
As mens enige iets by die ‘n aanklagkantoor moet gaan doen is die antagonisme tasbaar as jy nie met iets soos KFC daar instap nie.
NEE WAT, ek is tot in my kern siek vir hierdie rampokker land!!

Tjom ·

SAP moet nie kla omdat hulle geen vertroue meer inboesem nie. Gemors.

Dubbelloop ·

Ja, hoe kan ń man sommer net ń bedrag geld oorbetaal, sommer net so soos ń vingerklap? Belaglik. Iets hier ruik na muishond!

Aikie ·

Liewe Vader, lyk my Gauteng word regtig ‘n gangster’ s paradise. Geen wonder ons verlang terug na die ou Suid Afrika nie. Daar was ten minste nog wet en orde van ‘n soort en werk vir almal, al was die hele wereld teen ons ideologie gekant. Selfs ons oud president kan nie in die tronk gestop word vir sy rampokkery nie. Hy moet net volhou met sy vertragings taktieke tot hy eendag omkap van pure ouderdom. Intussen kos dit hom nie’ n dooie sent nie, want die belasting betaler moet opdok.

Porseleintjie ·

Want die mentaliteit van “ek wil net he” is aan die orde van die dag. Maak nie saak ten koste van wie of wat, solank die gulsigheid vir n rukkie gestil kan word. Korrup is die beste karakter eienskap hier ter sprake.

Zombie ·

Knowledge in the Blood? (na aanleiding van Jonothan Jansen se boekie)

Sarel ·

Hoekom.hsndig ‘n ou homself aan die Polisie oor
Beslis nie sy gewete.nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.