Polisieman rand glo onwetend nuwe polisiebaas aan

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiekonstabel van Mpumalanga is in die sop nadat hy glo “per ongeluk” lt.genl. Mark Magadlela, nuut aangestelde provinsiale kommissaris, aangerand het, het Beeld Dinsdag berig.

Magadlela was op ’n verrassingsbesoek by verskeie polisiestasies in die provinsie as deel van sy veldtog om korrupsie en dissipline in die polisie te takel.

Hy en sy kollega, kol. C. Mhlonthlo, van die provinsie se regsdienste, het saam in siviele drag in ʼn voertuig gery om ongemerk te wees tydens hul besoeke.

Hulle was op pad na die Belfast-polisiestasie toe hulle die konstabel met ’n polisiebakkie in die dorp sien stilhou. Daar was ʼn kind saam met hom in die amptelike voertuig. Dit is teen die polisie se beleid dat lede van die publiek sonder magtiging in amptelike voertuie vervoer word.

Magadlela het na die bakkie gestap en die sleutel verwyder. Volgens bronne het die konstabel na bewering die sleutels teruggegryp en Magadlela te lyf gegaan. Magadlela het glo tydens die voorval sy vinger beseer.

Die konstabel het ná die voorval na die stasie gery om dit aan te meld, en het daar eers vasgestel hy het die kommissaris aangerand.

Kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, kon slegs die voorval bevestig.

Die konstabel sal glo intern vervolg word.

Lees die opvolgberig hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Wynand Bezuidenhout ·

Die kommesaris het gesoek daarvoor. n Mens loop nie en vat mense se voertuig sleutels sonder om jou self te identifiseer nie….dan soek jy mos moeilikheid. Die kommesaris het dus konflik uitgelok en het dit gekry…uiters onprofessioneel. Die beampte het sy werk se voertuig beskerm. Die feit dat hy n familie lid vervoer is verkeerd, maar kom ek vertel julle…in Standerton gebruik hulle die polisie voertuie vir taxis….net jammer ek kon nie vinnig genoeg n foto neem nie. Padreels geld ook nie vir die polisie nie. n Polisie dame het nou die dag op n blinde hoogte met sperstreep veby gesteek en byna n ongelluk veroorsaak. Disipline kom van bo af.

Jacques ·

Ek stem volkome saam met jou. Hy kon die man aan gesien het as n kaper. Albei was verkeerd. Hoop hy sal net aan gekla word oor die kind in die voertuig…..

francois ·

Die hele metropolisie mag en saps KOM BYMEKAAR OP SONDAE AANDE BY DIE WINKELSENTRUM

J.Z ·

Ek het al gesien waar inkoopies met voertuie gedoen word,kruideniers en privaat persone in gelaai word .

irene ·

Ek het al gesien hoe prostitute opgelaai word met SAPD voertuie, en dit is nie omdat hulle gearisteer word nie……………….laat mens wonder

Theresa ·

Ag dis niks nuuts nie. Hier in Pretoria sien jy dit gereeld dat kinders ens in polisie voertuie rondgery word en hulle staan lekker by Winkelsentrums geparkeer en word die kruideniers ingelaai. Een het by die winkesentrum gestop. Die vrou het uitgeklim die bakkie agter oopgemaak en ‘n man met sy bagasie afgelaai. Dan moes jy al gehoor het van hulle het nie genoeg voertuie nie of die storie van daar is nie petrol nie.

nig ·

Kom ons begin ‘n webwerf met foto’s van waar polisie oortree! Wie het die kennis en guts!

Linda Olivier ·

dit sal nogal nice wees om die fotos te sien! nou die dag in Pta sien ek ‘n voertuig met ‘n vrou en 4 klein kindertjies in :-(

zahn ·

Ek het ‘n foto op my foon van ‘n polisievoertuig wat in Worcester by die Mall geklamp is omdat die dik tannie te lui was om ver te loop. Ek stuur dit aan, sodra ek weet waarnatoe!

Asjas ·

Begin die webwerf ek stuur graag vir julle fotos van Delmas se Polisie mag met hul rolstoelle. Ek het nog die rolstoelle gesien nie maar ek is seker hulle sal nie aspris op die verkeerde plek parkeer om by die klere winkels te gaan in loer nie?
Om nie te praat van die Polisie Vans wat so groot is, dit moet 2 parkerings volstaan. Kom ons sluit sommer munisipale voertuie ook in!

scalla ·

Hy moes hom harder geslaan het, dink mos hul is bo die wet, hoe moes die konstabel hom geken het, hoe kan jy een tarentaal uitken in n trop as almal dieselfde lyk, vra maar net.

Oud Polisiebeampte ·

Polisie voertuie is nooit beskikbaar nie en as jy bietjie rondry sien jy hoeveel polisie voertuie eintlik besig is met inkopies in die dorpe. Dan is die familie boonop saam in die voertuig. Die laksheid van deesdae deur polisiebeamtes is erg en veel meer as vroëer jare. Dis asof hulle die publiek uitart en sê julle kan my niks doen nie. Ek mag enige iemand van my vriende en gesin eers gaan aflaai voor ek ‘n klagte gaan bywoon. Ek dink daar moet ‘n webwerf wees waar ons hierdie optredes met foto’s kan plaas sodat dit na die Nasionale Polisiekantoor gestuur kan word. Dis al wanneer die Polisiediens weer dissipline sal kry.

lorayne ·

PRAGTIG! nou het die Kommisaris belewe wat baie van die publiek soms belewe! Hulle is mos verhewe bo die wet. . . onaantasbaar!
Ek hoop daar word ‘n voorbeeld van die konstabel met die ligte hande gemaak . . .

ladybug ·

Mense maak seker julle het die voertuig se roepsein, dag en datum en die oortreding. Dit help om te kan bevestig wie op daardie spesifieke dag die voertuig gebruik het. Eskaleer ook jul klagtes indien die stasiebevel nie reageer nie, stuur dit aan die “cluster commander”.

ongemagtigde persone mag onder GEEN omstandighede van staatsvervoer gebruik maak nie. Rapporteer dit asb so gou moontlik!

Marietjie ·

Let wel dit was ‘n verrrassingsbesoek….ek is eintlik bly oor wat gebeur het. Dit wys die Kommissaris wat elke dag oral oor gebeur met ons publiek. “Police brutality”.

niel ·

Naaste familie mag van punt A na punt B vervoer word mits dit op jou roete is en dan mag jy ook nie afwyk van jou roete nie

marius ·

almal se bekke is so groot asof hulle nog nooit met n werks kar by spar gestop het nie.se maar net

marius ·

almal se bekke is so groot asof hulle nog nooit met die werk se kar gou by spar gestop het nie. se maar net

Oud Polisieman ·

@Marius. Dit gaan nie oor die feit dat jy gou wil stop vir ‘n koeldrank nie. Dit gaan oor die feit dat die polisie voertuig vol familielede of vriende is en hulle vir ‘n “outing” gevat word om inkopies te gaan doen. Onthou inkopies doen vat nie net 10 of 15 minute nie. Daardie voertuig kan in daardie inkopie tyd produktief aangewend word om klagtes by te woon en of om misdaad te bekamp. Ek kan duidelik aflei jy gebruik die polisie voertuig vir privaat gebruik.

KarooKlong ·

Volgens my waarneming,
Mag ‘n SAPD lid op nagskof 55km ver (110 heen en weer) met die staatsvoertuig ry na die naburige dorp om vir hom slap tjips te gaan koop want hy is lus daarvoor,
Mag ‘n SAPD lid met die staatsvoertuig op nagskof ‘n voertuig wat onklaar geraak het 62km van ons dorp af met ‘n nylon tou wat hy geleen het insleep en R250-00 daarvoor vra,
Mag ‘n SAPD lid geld eis as hy jou moet help wanneer jy langs die pad ‘n papwiel kry en hy moet die wiel vir jou dorp toe bring met die staatsvoertuig om herstel te word en weer uitneem na jou voertuig,
Mag ‘n SAPD lid eers die Koedoe wat jy gestamp het optel en met die staatsvoertuig terugneem na sy huis en daarna terugkeer na jou by die ongelukstoneel om ‘n ongeluksverslag te skryf,
ens, ens, ens…………………………

Renate Barnard ·

Dankie tog, die Generaal probeer darem orde in die chaos skep deur stasies na-ure te besoek. Dit wil gedoen wees – dalk moet me Phiyega en haar topbestuur by Hoofkantoor dieselfde begin doen. Hulle mag dalk verbaas wees wat hul op stasievlak vind. Hoop net die ‘interne stappe’ teen die konstabel sluit nie ‘n bevordering in nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.