Polisieman red vrou wat glo van brug spring

Ben Schoeman-brug. Foto: Verskaf

Ben Schoeman-brug. Foto: Verskaf

ʼn Polisiebeampte van Despatch in die Oos-Kaap het die lewe van ʼn 36-jarige vrou gered nadat sy glo van ʼn brug gespring het.

Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou het glo Sondagaand van die Ben Schoeman-brug in Despatch gespring. “Lede van die Despatch-polisie het gister omstreeks 20:00 die inligting ontvang en is onmiddellik na die toneel waar hulle in die bosse onder die brug na die vrou begin soek het.”

Volgens Swart is die vrou in die middel van die rivier wat onder die brug deurloop aangetref. Haar gesig was na onder in die water. “Lede op die toneel het die polisieduikers ontbied om hulle te kom help om die liggaam uit die rivier te verwyder.”

Swart het gesê dit is toe dat konst. Bruce Brits gesien het die vrou beweeg. “Hy het sonder huiwering in die water gespring en die slagoffer uit die koue water gered. Die slagoffer is in ʼn stabiele toestand na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling.”

Kapt. Flippie de Jager, waarnemende bevelvoerder van die Despatch-polisiestasie, het Brits geloof vir sy heldedaad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann Marx ·

“Hy het sonder huiwering in die water gespring en die slagoffer uit die koue water gered. Die slagoffer is in ‘n stabiele toestand na ‘n plaaslike hospital geneem vir behandeling.” Waarvan is hierdie persoon ‘n “SLAGOFFER”?

Pop ·

Slagoffer van : huihoudelike geweld OF mishandeling OF verkragting – hoe sal enige van ons weet waarom die stomme vrou selfmoord wou pleeg? Punt is : sy is gered en ek hoop van harte sy besef dat sy n 2de kans gekry het – en dat sy dit daadwerklik gaan gebruik tot haar en ander se voordeel.

Chriisto Pienaar ·

Wie is jy om te oordeel? Hierdie vrou is ‘n slagoffer van haar omstandighede gewees. Weet JY wat werklik gebeur het. Ek loof Konst.Brits vir sy dapperheid en toewyding.

Theresa B ·

Dit raak nou weer Desember. Mense doen nou sulke dinge. Ouers kyk na julle matrieks.

Charlene ·

Pop dis waar wat jy sê, ek glo dit van guts om so iets te doen.
Theresa B – En hier dog ek, ek is die enigste mal mens wat die tyd so baie haar oor matrieks wat druip en dan hulle eie lewe neem…. Maar darm is daar nog iemand wat saam my bid vir ouers om te verstaan. Ek is nie `n ouer van `n matriek kind nie – of sy is nog lank nie daar nie – maar ek wil wees soos my ouers, kan hulle na die tyd “face” en sê “ek is jammer”
Die vrou is `n slagoffer, `n slagoffer van die geweldadige land waarin ons woon, `n sslagoffer van `n land wat eintlik niks voel vir vrouens – wit of swart. Ek hoop werklikwaar sy kry die hulp wat nodig is en die ondersteuning en dat sy haar 2de kans ten volle benut en dit oorwin wat ook al haar tot op daai punt gebring het
Konst. Brits jy is `n held! `n goeie polisieman wat nog `n baie goeie hart het. En ek hoop daar is nog baie van jou soort in ons polisie! Dankie vir jou helde-daad

Dirk Bosman ·

n moderne Wolraad Woltemade.Die Mag kan trots wees op die konstabel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.