Polisieman se 12-jarige seun vas vir poging tot moord

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte se 12-jarige seun sal na verwagting Maandag in die Germiston-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.

Sers. Phora Nkuna, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisebeampte se seun het glo Vrydag ʼn 15-jarige meisie in sy slaapkamer geskiet. “Die seun beweer hy het die vuurwapen geskuif waarna die meisie dit glo gegryp het en ʼn skoot afgevuur is.”

Volgens Nkuna is die meisie in haar maag geskiet en is sy na die Natalspruit-hospitaal geneem vir behandeling. “Die meisie is in ʼn ernstige maar stabiele toestand.”

Nkuna het gesê die vuurwapen behoort glo aan ʼn man wat vroeër uit die Boksburg-gevangenis op parool vrygelaat is. Die man het glo gereeld by die seun se neef gekuier toe die neef nog by hulle gebly het.

“’n Saak van poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen is aanhangig gemaak en die seun is in hegtenis geneem,” het Nkuna gesê.
Die seun word by die Walter Sisulu-kinder-en- jeugsorgsentrum aangehou. Die seun se pa is ʼn adjudant-offisier by die Jabulani-polisiestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

carel ·

ja n onwettige wapen in ‘n polisieman se huis?? Dit klink nogal snaaks?

thys van dyk ·

nee mense asb tog, dis die inding mos nou , die kinders word ge isue met gans , want die teorie hier aan
is, ” jy sal nie n kind skiet nie “glo my vry , as hy n gun op my rig , is hy bokveld toe.

pop ·

LMGA Carel, dit klink weer vir my reg. Die polisie word by die dag mos meer korrup.

MM ·

Hoekom le die vuurwapen in die eerste plek rond in die huis? Die Polisieman moet aangekla word, want hy was nalatig gewees!!!!!! Ek weet sekere Polisiestasies het op ‘n stadium die lede wat van diens gaan se wapens ingeneem en weer uit gereik as hulle aan diens kom, maar nou ja slapgat se moses.
Nou word die kind aangekla wat 12 jaar is.

Jan Greyling ·

Ai, so onnodig! Ongeag hoe of wat hierdie tragedie veroorsaak het, is die kern van die uitdaging ouers se leiding en voorbeeld aan kinders en leiding aan ouers oor nalatigheid in die grootmaak van ons kinders. Polisie of nie…GEEN vuurwapen hoort bewustelik of onbewustelik in die hande of omgewing van minderjarige kinders nie. Berading is broodnodig vir beide kinders en…laat die reg sy loop neem.

scalla ·

Nogal n adjudant offisier, hoe kom hy by die rang uit, seker n konstabel wat iemand ken wat kan lees en skryf, pateties!

thys van dyk ·

MM.DIS DIE PROBLEEM , DIE GUN MOES SEKER , OP N NAG AANVAL OF N TOEVALLIGE ROOF WAT VERKEERD GELOOP HET GEBRUIK GEWORD HET , HOU HIERDIE SAAK DOP , ALLES GAAN NET STIL WORD , DOKET IS WEG.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.