Polisieman se lyk in kattebak gevind

Argieffoto: SAPD

Die liggaam van ’n polisiebeampte is in die kattebak van sy uitgebrande motor gevind.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam van konst. Vuyo Matshisi (36) is Sondag in Peddie in die Oos-Kaap gevind. “Hy was aan die Gelvandale-polisiestasie verbonde en was van diens af toe sy liggaam gevind is.”

Volgens Soci word ’n saak van moord ondersoek. “Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie duidelik nie.”

Dit is die tweede polisiebeampte wat die afgelope ruk in die Oos-Kaap dood is. Volgens Soci is sers. Makhaya Copiso (39) op 25 Junie tydens ’n woordewisseling doodgeskiet. Copiso was verbonde aan die eenheid vir openbare orde-polisie in Queenstown. ’n Verdagte is intussen in hegtenis geneem in verband met die voorval.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die moord op die twee beamptes is ’n groot terugslag vir die polisie. “Ons spreek ons medelye uit met die beamptes se families, vriende en kollegas.” Ntshinga het gesê die polisie sal alles in hul mag doen om die oortreders te vervolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tuanet ·

Let op na die berig se spelling.
In die eerste reël van die tweede-laaste paragraaf.
Die woord “twee” moet verander na “tweede”

Dalene de Vente ·

Dagsê Tuanet

Dankie vir jou valkoog. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Ano ·

RIV konstabel.
Weet julle wat is vir my snaaks? Die konstabel is in die kattebak van sy motor gevind en dan se die woorvoerder “n saak van moord word ondersoek” Is dit nie logies dat dit moord was nie? Ek het nog NOOIT van iemand gehoor wat in sy motor se kattebak klim om te sterf as hy siek is nie

Anoniem ·

Ano
Jy Sal verbaas wees, ekt myself al n self moord gefotografeer waar n persoon haarself in die kattebak van haar motor om die lewe gebring het. Sy het deur die motor se agterste sitplekke tot in kattebak gekom. Ek verstaan wat jy se maar dit gebeur baie glo my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.