ʼn Man is in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn polisiebeampte in ʼn plaasdam by Nigel gevind is.
Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, het gesê die beampte, wat van diens af was, se liggaam is Maandagaand gevind.
“Sy liggaam is gevind nadat ʼn polisievoertuig op die plaas gevind is en ondersoek ingestel is. Die beampte se lyk is nie ver van die voertuig af nie in die water opgemerk.”
Volgens Peters dui voorlopige ondersoek daarop dat die polisielid in die dam ingestoot is waarna hy verdrink het.
Geen verdere besonderhede is bekend gemaak oor die verdagte wat in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie.
Die polisiebeampte is intussen geïdentifiseer as ao. Johan Lewis van Nigel.
Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisneming van ʼn verdagte verwelkom.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Hier is ‘n spul siek mense in die land.
Bitter hartseer. . . Mag u in vrede rus, SALUUT!
Hoop al die moorde kom op Ramaphosa se tafel
As jy wit is in SA in 2020, bly dan weg uit kwesbare beroepe.
Spul siek mense? Dis ook seker aparte ontwikkeling se skuld? Party mense het geen respek vir die lewe nie. Jammer om te se, maar Suid Afrika is die mees disfunksionele land op die planeet. Ek weet hoekom, maar Maroela sal nie toelaat dat ek dit se nie. Ons is mos bang vir die waarheid!