Polisieman se moordenaars steeds soek

Speursersant Luyanda Hopewell Hambile is in Februarie vermoor. Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

Die Valke doen ’n beroep op die Gqeberha-gemeenskap (Port Elizabeth) in die Oos-Kaap om met inligting vorendag te kom wat tot die inhegtenisneming van speursersant Luyanda Hopewell Hambile (44) se moordenaars kan lei.

Hambile is in Februarie vanjaar by sy huis in Motherwell deur twee verdagtes oorval en in die bolyf en been geskiet.

Volgens kapt. Yolisa Mgolodela het die onbekende aanvallers op Hambile losgebrand en van die toneel gevlug.

Hy is na die hospitaal gehaas, maar is met sy aankoms dood verklaar. Hambile was nie tydens die voorval aan diens nie.

Die Valke moedig enigiemand met inligting aan om die ondersoekspan by 082 697 5943 of 082 065 0824 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Casper ·

Hoeveel vandiens polisielede is intussen na hom droog geskiet.Is dit ‘n direkta aanval op lede.’n Politieke leier het mos gesé ons kom vir julle by julle huise.Is dit wat nou gebeur aangesien die lede van diens is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.