Polisieman se vrou lank tronk toe vir sy moord

hof-hamer

(Argieffoto)

Nonkululeko Ngwabe (44) is Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg tot 22 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op haar man, AO Thulani Ngwabe (51). Sy het in 2019 drie mans gehuur om haar man te vermoor.

Thulani was ʼn polisiebeampte verbonde aan die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS) in Margate.

Maroela Media het vroeër berig Thulani se liggaam is op 3 November 2019 op die spoorlyn digby Port Shepstone se strand gevind. Hy het verskeie meswonde opgedoen.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn saak van moord is by die polisiestasie in Port Shepstone aanhangig gemaak. Die saak is na die Valke oorgeplaas en hul ondersoek het tot Nonkululeko se inhegtenisneming gelei. Nonkululeko is op 10 Desember 2019 in hegtenis geneem.

“Die drie mans wat sy gehuur het om haar man te vermoor, is net daarna vasgetrek. Sthembiso Mbona (25), Nhlakanipho Ndovela (23) en Saziso Khambule (25) is in die Murchison-gebied naby Port Shepstone aangekeer,” sê Mhlongo.

Dié drie beskuldigdes het verskeie kere in die Port Shepstone-landdroshof verskyn. Hul verhoor sal na verwagting op 18 Junie in die hooggeregshof in Pietermaritzburg begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ES ·

Lekker tjoekie vir jou! Mense wat dink hulle kan met hul kriminele dade wegkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.