Polisieman se weduwee, ‘huurmoordenaars’ saam in hof

(Argieffoto: SA Polisie)

’n Oos-Kaapse polisieman wat vroeër vanjaar in sy slaap doodgeskiet is, se weduwee sal Donderdag saam met vyf medebeskuldigdes in die Butterworth-landdroshof verskyn in verband met sy moord.

Ao. Kolile Kulu is op 30 Augustus in sy slaap by die huis doodgeskiet deur drie onbekende mans wat met sy dienspistool gevlug het.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes is na bewering huurmoordenaars en is Dinsdag saam met twee ander verdagtes wat glo ook betrokke is by die moord op Kulu, in hegtenis geneem.

Kulu se vrou (43) is gister ook in hegtenis geneem vir haar beweerde aandeel aan die moord.

Al die verdagtes verskyn vandag saam in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Swerwer ·

Hoekom moet jy jou eggenoot of eggenote laat vermoor/skiet as jy nie meer saam met die persoon in ‘n huwelik wil wees nie. Skei mekaar dan liewer maar hoekom moet jy die ander party se lewe neem. Dit is reg dat sy ook aangekla word, sy het geen reg gehad om haar man se lewe te laat neem omdat sy nie saam met hom wil wees nie. Lyk my die ANC het hul doel geslaag om die landsburgers geweldadig op te sweep met hul voorbeeld wat hul stel.

Di ·

Verstaan nie dat sekere mense so maklik kan moord pleeg sonder om ‘n oog te knip nie. Glo rerig dat dit in mens se DNA moet wees.

My Mening ·

Dis regtig hartseer, ek glo dat geld baie keer ook die motief kan wees…..

Yvonne ·

Dit word net erger en erger tussen alle nasies en vlakke van die samelewing…..??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.