Polisieman, sewe ander vas vir renosterstropery

Argieffoto

Argieffoto

‘n Polisiekonstabel van Hillbrow in Johannesburg en sewe ander verdagtes verskyn vandag in die Modimolle-landdroshof in Limpopo nadat hulle die naweek vir renosterstropery in hegtenis geneem is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die agt verdagtes is Sondagoggend in hegtenis geneem.

Drie van die verdagtes, twee Mosambiekers en ‘n Zimbabwiër, is op ‘n private wildplaas in die Rankin’s Pass-gebied in hegtenis geneem waar hulle glo op pad was om ‘n renoster te stroop.

Mulaudzi sê nog twee verdagtes, ‘n plaaslike inwoner en ‘n vrou van Botswana, is buite die reservaat in hegtenis geneem nadat hulle die ander verdagtes afgelaai het.

“Nog drie verdagtes is in Vaalwater in hegtenis geneem waar hulle in ‘n wegkommotor vir die renosterhorings gesit en wag het.”

Mulaudzi sê die polisie het op ‘n .375-jaggeweer, ‘n knaldemper, ‘n byl, ‘n Toyota Tazz en ‘n Nissan Hardbody-bakkie beslag gelê.

Die verdagtes staan tereg op aanklagte van poging tot renosterstropery en die onwettige besit van ‘n vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

"Huh!" ·

Di’s ons polisie daai! Die land het persentasie-gewys meer skurke in uniform, as in privaatdrag.

Nina ·

Reg van bo-af in die parlement tot in die Polisie ens; VROT van die korrupsie, diefstal en dies meer. Sies, verdomp!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.