Polisieman skiet 3, homself by Kaapstad-lughawe

Argieffoto van restaurante by die lughawe Foto: @capetownint, Twitter

Argieffoto van restaurante by die lughawe Foto: @capetownint, Twitter

Die polisie het bevestig die man wat Woensdagaand drie mense by die Kaapstadse Internasionale Lughawe geskiet voordat hy homself geskiet het, was ʼn 33-jarige polisiekonstabel.

“Die konstabel het omstreeks 18:30 by die lughawe opgedaag,” het kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy is na die eetplekgedeelte om met ʼn vriend by een van die restaurante te gesels. Hulle het glo begin stry en die man het die vriend en twee ander werknemers van die restaurant geskiet.”

Hy het hierna homself doodgeskiet.

Maroela Media het vroeër berig een persoon is dood en drie is beseer ná ʼn skietvoorval by die lughawe.

ʼn Geregtelike ondersoek sal gedoen word en ʼn dossier vir poging tot moord is oopgemaak.

Van Wyk sê die ondersoek duur voort.

Acsa, die lughawensmaatskappy by Kaapstad Internasionale Lughawe het vroeër die skietery bevestig. “Dit is ʼn tragiese voorval en ons betoon ons medelye met die vriende en familie. Ons kan nou bevestig dat drie ander persone beseer is,” het Deidre Davids, woordvoerder van Acsa, gesê.

Die gebied is afgebaken en ʼn misdaadtoneel verklaar.

Bedrywighede by die lughawe word nie geraak nie, aangesien die skietery in ʼn kleiner gedeelte van die lughawe plaasgevind het.

Die toestand van die beseerdes is nie bekend gemaak nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.