Polisieman skiet glo pastoor, nog twee

(Argieffoto: SA Polisie)

Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) stel ondersoek in nadat ʼn polisiebeampte glo Woensdag ʼn pastoor en twee kerklidmate in Centane, Oos-Kaap, doodgeskiet het.

Die beampte sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Centane verskyn.

Ndileka Cola, woordvoerder van Opod, sê die beampte, ʼn adjudant-offisier verbonde aan die polisie in Mthatha se BBP-beskermingseenheid, het glo ʼn ’n stuk grond by ʼn plaaslike hoofman – wat saam met hom in dieselfde kerk is – gehuur.

Die grond behoort oënskynlik aan die kerk en die gemeente het ʼn kerksaal op dieselfde stuk grond begin oprig.

“Die verdagte is na bewering na die kerk en het die pastoor gekonfronteer. Hy het glo die pastoor en nog ʼn lidmaat doodgeskiet en nog ʼn lidmaat gewond,” sê Cola.

“Die beampte is daarna glo na die hoofman se huis waar hy hom ook gekonfronteer en glo  doodgeskiet het.”

Die beampte staan tereg op aanklag van moord en poging tot moord. Hy sal Maandag om borgtog aansoek doen. Die staat het reeds aangedui dat hy die aansoek gaan teenstaan.

Daar is beslag gelê op die beampte se vuurwapen en dit is vir ballistiese toetse gestuur.

Opod se ondersoek duur intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

Daasy man, die verdeling van gemeenskapsgrond sonder akte loop soos stroop! Bied jou nou aan so ‘n hoofman kry sy kloue op die gemiddelde woonbuurt.

Mariana ·

Ja nee wat man as jy ontevrede is oor iets, skiet jou ontevredenheid weg, hoekom dan nou nie. Hy hoort nie eers ‘n vuurwapen in sy hand te hou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.