Polisieman skiet glo vrou, homself

Foto: Reaction Unit South Africa

ʼn KwaZulu-Natalse polisiebeampte het Sondagoggend na bewering selfmoord gepleeg oomblikke nadat hy glo sy vrou ten aanskoue van omstanders geskiet het.

Reaction Unit South Africa het in ʼn verklaring gesê die voorval het teen 08:20 in Chettys Hill in Tongaat gebeur. Volgens die verklaring het die 47-jarige polisiebeampte na ʼn sopkombuis langs ʼn kerk gegaan waar sy vrou op Sondae maaltye voorberei.

“Die egpaar het rusie gemaak en die polisiebeampte het sy 9 mm-dienspistool uitgehaal en drie skote op haar afgevuur. Een koeël het haar in die arm getref. Hy het daarna na ʼn oop stuk grond agter die sopkombuis gegaan en homself in die kop geskiet,” lui die verklaring.

Foto: Reaction Unit South Africa

Veiligheidsbeamptes en paramedici is na die toneel ontbied en die polisiebeampte is op die toneel dood verklaar. Sy vrou is na ʼn plaaslike kliniek gehaas vanwaar sy deur ʼn lid van die publiek na ʼn hospitaal geneem is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Sy het gesê ʼn saak van poging tot moord word ondersoek. Die polisie doen ook ʼn geregtelike ondersoek.

Die naam van die polisiebeampte word weerhou totdat al sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Boet Fasie ·

Nou hoekom doen hy nou so iets, alweer met ‘n diens pistool – sterkte aan sy vrou

Alida ·

Hoe flippen belaglik! Saak van poging tot moord word ondersoek. Wat ondersoek hulle? Die man het haar voor almal geskiet en hy is dood. Wat nou?

Jacques Venter ·

Bitter min mense sal die stres wat polisie daagliks beleef betstaan.

Dan word hierdie stres op hulle gesinne uitgehaal. Baie simpatie vir n polisieman se vrou

Cherokee ·

Jy moet jou mind opmaak of jy vir ‘n polisieman wat (gelukkig) nie eens kan skiet nie of misplaas op kfc-polisie wat ‘n gun in die hande gekry het en nie weet hoe om dit te gebruik nie maar moorde pleeg daarmee. In hierdie land moet jy wakker wees.

Theresa kruger ·

dis flippen simpel moord ondersoek hys dood flippen kom by wie ga hul aan kla oh hel

Leahim ·

Dit is prosedure daar moet n klag geregistreer word dit is soos wanneer jy iemand raakrugby op die snelweg dit is nie jou skuld nie maar n saak van roekelose en nalatige bestuur word oopgemaak.

Buitestander ·

Dit gebeur as die keuring van beamptes nie goed is nie.

Leahim ·

Die beamptes moet hulle vuurwapens inhandig na elke skof die meeste is onbevoeg om n wapen te hanteer terwyl hulle aan diens is wat nog wanneer hulle nie aan diens is .Die stres stories is bollie die misdaad neem net toe elke dag so hulle doen nie eers hulle werk ordentlik nie nou waaroor stres hulle dan?

Johan ·

Heel duidelik weet jy nie waarvan jy praat nie. Om elke dag met n ondankbare publiek te dien te kry is stresvol genoeg. As jy dan so vol “goeie idees” & beterwetend is, sluit by die polisie aan en sien of jy enige iets beters kan doen.

Christelle ·

Mense wil net kla oor SAPD, pleks van help om korruptes uit te lig en goeie lede te ondersteun.

ANONIEM ·

PTSD DIS HKM HY DIT GEDOEN HET WERK DAAGLIKS MET DIE GEVALLE POLISIE MANNE SIEN DIE AAKLIGSTE TONELE ELKE DAG HY KON NET OP DAAI OOMBLIK GETRIGGER GEWORD HET DEUR IETS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.