Polisieman skiet glo vrou, self

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte van Mpumalanga het glo sy vrou doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.

Kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê sers. Mduduzi Mlotshwa van die Secunda-polisiestasie het glo Dinsdagaand sy vrou, Nomaswazi Madlakamela, doodgeskiet en daarna selfmoord gepleeg. Die egpaar se liggame is in hul slaapkamer gevind.

Lt.genl. Mark Magadlela, provinsiale polisiekommissaris, het gesê dit is hartseer dat polisiebeamptes dikwels geen ander uitweg sien as om hulself en gesinslede te vermoor nie. “Dit is hartseer om ʼn lid te verloor terwyl daar maatreëls in plek gestel is om dit te verhoed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.