Polisieman skiet homself in polisiestasie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Noord-Kaapse polisiebeampte wat onlangs in die hof verskyn het op aanklag van korrupsie, het homself Vrydag in die Kimberley-polisiestasie doodgeskiet.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat sers. Nazeem Newman, vermoedelik 42 jaar oud, homself omstreeks 17:00 geskiet het. Hy was alleen ten tyde van die skietery en is op die toneel dood verklaar.

“Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie. Al wat ons in dié stadium kan bevestig is dat die beampte vermoedelik homself met sy dienspistool geskiet het. Dit is nie duidelik wie op hom afgekom het nie,” het Mooi gesê.

Sy het gesê Newman het vroeër vandeesmaand in die hof verskyn op ʼn aanklag van korrupsie. Hy was egter nie uit die polisiemag geskors ten tyde van sy dood nie.

Mooi het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lance ·

Lyk of sy gewete hom dalk baie gepla het oor die korrupsie …en zume met sowat 700 plus aanklagtes van kirrupsie lag die hele land uit met sy alewige gegiggel in die parlement …

Lulu ·

Wat vir my so onverstaanbaar is – hy is gearresteer, aangekla en reeds in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie, so hoekom het hy nog ‘n dienspistoor gehad? Dis nou so goed of ek roof ‘n winkel, die polisie vang my en gee vir my my wapen terug. Hoe werk dit?

Grap ·

Dit is jammer die noord kaap is ‘n goeie plek met goeie mense

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.