Polisieman skiet homself ná hofverskyning

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Polisiebeampte van Noordwes wat in aanhouding was vir die moord op ʼn onderwyser, het selfmoord gepleeg.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê konst. Jeremia Qangasi (35) het Woensdag in die Coligny-landdroshof verskyn.

Volgens Ramaloko is Qangasi ná sy hofverskyning teruggeneem na die Coligny-polisiestasie waar hy glo in die stasie se kliëntediensarea ʼn ander polisiebeampte se vuurwapen gegryp en homself in die kop geskiet het. Ramaloko het gesê Qangasi is op die toneel dood verklaar.

Qangasi sou Maandag weer in die hof verskyn het om vir borgtog aansoek te doen.

Qangasi is Maandag in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat hy glo ʼn 26-jarige onderwyser met sy vriendin in die bed betrap en hom doodgeskiet het.

Qangasi het glo hierna sy vriendin ontvoer en verkrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Fred ·

Wanneer gaan die mens besef.dat wilde diere nie troeteldiere is nie

Eish! ·

Ten minste het hy die staat klomp geld gespaar om weereens ‘n hofsaak uit te rek. Dankie Quangasi, so sal baie sg helde nog val.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.