Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê konst. Jeremia Qangasi (35) het Woensdag in die Coligny-landdroshof verskyn.
Volgens Ramaloko is Qangasi ná sy hofverskyning teruggeneem na die Coligny-polisiestasie waar hy glo in die stasie se kliëntediensarea ʼn ander polisiebeampte se vuurwapen gegryp en homself in die kop geskiet het. Ramaloko het gesê Qangasi is op die toneel dood verklaar.
Qangasi sou Maandag weer in die hof verskyn het om vir borgtog aansoek te doen.
Qangasi is Maandag in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat hy glo ʼn 26-jarige onderwyser met sy vriendin in die bed betrap en hom doodgeskiet het.
Qangasi het glo hierna sy vriendin ontvoer en verkrag.
Wanneer gaan die mens besef.dat wilde diere nie troeteldiere is nie
Fred verkeerde kommentaar op verkeerde berig.
Ten minste het hy die staat klomp geld gespaar om weereens ‘n hofsaak uit te rek. Dankie Quangasi, so sal baie sg helde nog val.
Sumari dalk is Fred se kommentaar juis op regte plek