Polisieman skiet inbreker dood

Argieffoto

’n Polisiebeampte het Maandagmiddag ’n onbekende man wat hy in sy huis in Khayelitsha in die Wes-Kaap betrap het, doodgeskiet.

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die voorval.

Sontaga Seisa, woordvoerder van Opod, het in ’n verklaring gesê die polisiebeampte, wat nie tydens die voorval aan diens was nie, het omstreeks 13:00 tuis gekom en die inbreker in sy huis betrap.

Die inbreker het glo ’n vuurwapen op die polisiebeampte gerig wat in reaksie ook na sy vuurwapen gegryp het. Die polisiebeampte het ’n skoot afgevuur en die inbreker is doodgeskiet, lui die verklaring.

Die oorledene is in dié stadium nog nie geïdentifiseer nie.

Die Wes-Kaapse polisie het aan Maroela Media bevestig dat Opod die saak ondersoek en wou geen verdere kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

c ·

Ek neem aan hy gaan nie nou vir moord toegesluit word nie. As die skoen aan die voet was, was hulle al toegesluit.

Dan ·

Ek Stem c..
Dit is waarskuwingskote en monitering van die situasie, en mag net skiet as daar bedreigend op jou geskiet word.. dan is die ‘jy’ seker al dood, dan mag jy eers waarskuwing skote afvuur. Welgedaan, maar waar is die balans op hierdie regs-skaaltjie? Dit blyk ook net op een voet te pas…

Poot ·

@Dan
Duidelik moet jy weer jou bevoegdheid as vuurwapen eienaar gaan oor doen. Daar is nie meer so iets as n waarskuwing skoot in die vuurwapen wet nie.

Kolskoot ·

Een van die min wat sy vuurwapen kan hanteer en hom nog nie verloor of verkoop het nie.

Netso ·

Gelukkig was hy ten minste nog in besit van sy dienspistool!

Natascha ·

Wel gedaan, maar ek hoop nou nie daar kom n vervolging nie, dan dink ek soo aan die arme boere wat hulsef en hul gesinne wil beskerm en sodra hul so iets doen, word hul van moord aangekla.
Hier in SA het die kriminele mos meer regte as die wedgehoorsames wat net hulself, hul familie en hul eindom wil beskerm.

Johan ·

Een inbreker minder om oor bekommerd te wees. Sterkte aan die polisieman.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.