Polisieman skiet meisie, homself in besige winkelsentrum

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte het Donderdag sy meisie in die besige Pavillion-winkelsentrum in Durban doodgeskiet voordat hy sy eie lewe geneem het.

“Die twee het omstreeks 12:00 ʼn rusie in die winkelsentrum gehad waartydens die beampte sy vuurwapen uitgehaal en geskiet het,” het kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, is die twee op die toneel dood verklaar.
Niemand anders is tydens die voorval beseer nie.

Die name en ouderdomme van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.