Polisieman skiet ‘moordenaar’ dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte, wat van diens af was, het ʼn verdagte doodgeskiet nadat hy en drie makkers glo ʼn man in Port Elizabeth vermoor het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê die 40-jarige adjudant-offisier het vroeg Saterdagoggend skote in die Booysenpark-area gehoor. Die beampte het in Steenbrasstraat in gehardloop waar hy vier verdagtes sien staan het en iemand in die pad sien lê het.

Volgens Janse van Rensburg het die beampte waarskuwingskote afgevuur voordat die verdagtes op hom losgebrand het en op die vlug geslaan het. Die beampte het bystand ontbied. Die man wat glo deur die verdagtes geskiet is, is op die toneel dood verklaar. Een van die verdagtes is ook dood aangetref. Die ander drie verdagtes het in ʼn wegkommotor van die toneel af gevlug.

Janse van Rensburg het gesê sake van moord en poging tot moord word deur die polisie ondersoek. ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen in verband met die verdagte wat doodgeskiet is en sal deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KarooKlong ·

Sterkte aan die AO. Hy gaan gebraai word vir onwettige jag op beskermde wild.

Petro ·

Kom ek wed julle hierdie polisie man is in meer moeiklikheid as die verdagtes self patetiese land die!!!!!Cirque de Suid-Afrika Well gedaan Mnr Polisieman.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.