Polisieman skiet paartjie, seun voor hy selfmoord pleeg

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte het sy voormalige vriendin en haar kêrel doodgeskiet en sy tweejarige seun kritiek gewond voor hy selfmoord gepleeg het, het die polisie in Gauteng Woensdag gesê.

Kapt. Doniah Mothutsane, woordvoerder van die polisie, het gesê konst. Ali Nkuna (31) van die Garsfontein-polisiestasie het Dinsdagaand sy voormalige vriendin, Fenkie Tlenyana (31), en haar kêrel, Onkgopotse Motshwanedi (29), doodgeskiet in Temba, noord van Pretoria.

“Die familie beweer die paartjie het by die hek gestaan toe Tlenyane skielik in die huis ingehardloop en om hulp geskree het.” het Mothutsane verduidelik. Nkuna, die pa van Tlenyane se tweejarige seuntjie, het haar in die huis ingejaag. “Hy het ʼn vuurwapen by hom gehad en het glo deur die slaapkamer se venster gespring nadat sy haar in die vertrek toegesluit het.”

Nkuna het haar drie keer in die bolyf geskiet. Sy het hulle seun in haar arms gehad en hy is in die regterwang getref. Nkuna het hierna homself in die kop geskiet en hy is op die toneel dood. “Die familie het later Onkgopotse se liggaam by die hek gesien.”

Die tweejarige seuntjie is in ʼn kritieke toestand in die George Makhuri-hospitaal. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

lillian ·

ai, Hoekom moet polisielede altyd die wapen opneem as hul nie hul sin kan kry uit ‘n verhouding nie?

Poplap ·

Ekskuus? Polisielede? Net soveel siviele mense pleeg sulke dade.

SNEL ·

Ek stem, Lillian, mens verwag beter van die polisie, hulle moet nou kamma die land en sy mense beveilig, maar hoeveel van hulle het nie al sulke dade gepleeg nie, onskuldige mense of gesinsmoorde gepleeg nie. Ons word ontwapen, maar hulle met die wapens, wat opgelei behoort te wees en wat kalm moet bly in elke situasie sê koppe hak uit, maar hulle is die ouens mét die wapens. Wonder hoe bevoeg hulle is om wapens te hanteer en of daar ooit gekyk word of al hul varke op hok is voordat hulle net n wapen ontvang. Vreeslik skokkend wat hier gebeur het en onnodig.

Piet Snot ·

Voel met jou, Snel, maar ons moet ewewigtig wees. Daar’s polisiemanne, en dan is daar misdadigers wat ‘n uniform & wapen gegee word. Hulle werk in dieselfde polisiestasie en dis soms moeilik om hulle te onderskei. Dis die onbevoegdes wat sulke dinge aanvang.
Moet toegee, soms haak die goeie polisiemanne se koppe ook uit, maar dan’s dit gewoonlik oor die druk waaronder hulle werk, om sonder erkenning die onbevoegdes se werk ook te doen. Dankbaar ek’s nie ‘n (bevoegde) polisieman in vandag se mag nie.

Brenda ·

Wonder net hoekom hulle nou weer n foto van n WIT polisieman moet wys????

zahn ·

Want hy was al een wat sy skoon uniform reg angetrek het die oggend toe die foto geneem is…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.