Polisieman skiet sy vrou glo 14 keer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte verbonde aan die Germiston-polisie se georganiseerde misdaadeenheid aan die Oos-Rand, is in hegtenis geneem nadat hy glo oor die naweek sy vrou 14 keer met sy diensvuurwapen geskiet het.

Robbie Raburabu, waarnemende nasionale woordvoerder van onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het aan Maroela Media gesê die beampte, ʼn adjudant-offisier en sy 42-jarige vrou was besig om te skei.

“Die vrou het by haar suster in Vosloorus gebly, toe hy Saterdag in sy amptelike motor daar opgedaag het,” het Raburabu gesê. “Die beampte het sy vrou glo 14 keer geskiet voordat hy in sy motor gevlug het. Die vrou is op die toneel dood.”

Die beampte het glo die voertuig se opsporingstoestel ontkoppel en die polisie tot Sondagaand ontduik. Hy het homself omstreeks 18:40 aan die polisie oorgegee.

Hy sal na verwagting Maandag in die Vosloorus-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Opod ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Theresa B ·

Genade mense – wat gaan met julle aan?? As dinge nie uitwerk nie – so be it! Daar is nog ‘n lewe (en ander mense) daar buite. Daar is tog dinge in die ou lewe wat maar net nie uitwerk nie, maar mensig, dis nie nodig vir sulke drastiese stappe nie. Gelukkig is lyk dit vir my is daar nie onskuldige klein mensies betrokke nie. Maar nou is 2 lewens verwoes. As jy in so “donker gat” is – kry hulp by die regte mense…………………………

Wat-ek-lees ·

En hy gebruik waaragtig niks van sy eie: motor, vuurwapen, patrone, brandstof ens. is dié van die staat oftewel ons s’n. Nou gaan sy verhoor en tronkdae ook op ons onkoste wees. Sies man!!!
Ek stem saam met vorige kommentaar.

Cherokee ·

Die polisie se wapens moet gekonfiskeer word. Hulle kan nie daarmee vertrou word nie.

Sophia. ·

Ontwapen die polisie. Regtig? Moet ons goeie lede aan die dood afstaan agv die paar wat nie vertrou kan word nie?

snoefie ·

nee sophia. daar word soveelmisdade gepleeg met polisie vuurwapens wanneer die lede nie were aan diens is nie. hoeveel kinders is al met pappa/mamma se vuurwapens skool toe en maatjie daarmee geskiet. dalk n goeie IEEE dat wapen nie van diens af gaan nie. maar nou ja. hoeveel vuurwapens gaan dan gesteel word. how gerieflik om jou “ampsmotor”vie eie gebruik in te span. dit behoort nie toelaatbaar te wees nie. maar kyk maar hoeveel polisie voertuie laai kinders by die skool op en af. ry taxi vir inkopies, sleep voertuie van een dorp na n ander.

Marianne ·

Is die SAP lid van looitjie getik???
Hulle was designed om te skei…. ‘n nuwe lewe en tweede kaans op liefde en geluk het op hul albei gewag.
EN DAAR GAAN SKIET HY HAAR!
Wat word daardeur bereik?
Ek hoop hy kry ook net 6 jaar.
Daarna word hy seker ook – soos baie ander SAP less aan my bekend – ‘n Sekuriteids beampte.
STUPID FOOL!!!!
Hulle albei se are families gaan nou deur Hel! Ek hoop nie hulle het kinders gehad nie.

Scalla ·

Laat hul weer patrollies te voet en per fiets met slegs n knuppel doen, net nie perde nie want hul benodig goeie versorging.

Lance ·

14 KEER ! Dit moes n vreeslike woede gewees het ….hy gaan ook maar sit soos Oscar …ai toggie !

Laurika ·

Hoeveel koëls kan so vuurwapen vat? Seker nie 14 nie? Wat dan beteken het, hy moes herlaai!

Rapes ·

Dit wil my voorkom met tong in die kies omdat hy deel is van georganiseerde misdaad tak dat hy georganiseerd is om so ‘n misdaad te pleeg.

KarooKlong ·

Mense, ‘n man moet darem vies geraak het vir sy vrou om sy skietding op automaties te sit.

Sydney ·

Wonder maar net of of hy bevoeg verklaar was om ‘n vuurwapen te mag hanteer het.

Marie Cloete ·

Dit is baie hartseer en mense kan maklik veroordeel… ons was nie in sy skoene nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.