Polisieman skiet glo twee broers dood

Argieffoto (Foto: Marcus Trapp/Pixabay)

’n Polisiebeampte van Richardsbaai in KwaZulu-Natal het oor die naweek twee broers doodgeskiet. Hy was nie aan diens ten tyde van die voorval nie.

Sontaga Seisa, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê in ’n verklaring die beampte (38) het Saterdag omstreeks 09:00 in ’n stryery met een van die broers (24) in ’n woonkompleks betrokke geraak nadat dié glo die aand vantevore ’n geraas gemaak het.

Volgens Seisa het die jong man handgemeen met die beampte geraak waarna die twee uitmekaar is. Die polisiebeampte het later na die plaaslike satellietpolisiekantoor gestap om ’n saak van aanranding aanhangig te maak toe hy op pad daarheen die man en dié se ouer broer (32) raakloop. ’n Stryery het weer ontstaan waarna die beampte na bewering die twee broers doodgeskiet het.

Seisa sê die beampte is sedertdien in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag in die Empangeni-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Martie ·

As hy van diens af was hoekom was hy gewapen en hoekom net skiet maar ja ons bly in n staat van cowboys ans crooks.

Marietjie Hancox ·

Berig moet lees 2 broers geskiet na stryery. Nie ‘deur Polisieman’ nie. Hy was nie aan diens nie en dit was persoonlik. Waarom sy beroep insleep en dan voorgee dat dit werkverwant was?

Katvis ·

Want hy bly ‘n polisie man, aan diens of af diens. Soos ‘n dokter ‘n dokter bly en ‘n predikant ‘n predikant bly. Dis skokkend dat ‘n poliesman sy wapen gebruik vir sy eie vendetta. Ek waarborg jou sommer nou, daai wapen wat gebruik is, is ene wat aan hom toevertrou is deur die staat

Polisieman is relevant ·

Dit is baie relevant dat hy ´n polisieman is ongeag of hy aan diens was of nie. Hy is veronderstel om menselewens en die landswette te respekteer, veral weens die aard van sy beroep. Ek kan nog beter probeer verduidelik maar ´n goeie begrip het ´n halwe woord nodig.

DS ·

Marietjie Hancox dis jou afleiding wat jy gemaak het moenie die opskrif die skuld gee nie. Enige artikel se opskrif word met die doel geskryf dat jy verder wil lees en meer uitvind en MM het dit perfek met jou reggekry. Welgedaan MM. Innige simpatie aan die broers se familie en hoop regtig die man wat hulle geskiet het kry die vonnis wat hy verdien.

susan ·

Wanneer gaan julle ophou om mense op die forum reg te help ‘n Boer is altyd ‘n boer en ‘n dokter ook. Só hierdie was ‘n polisieman.

Sarel ·

Tipies , ditbus wst gebeur wanneer mense “lawaai” mask sommer on bure.on ag te neem. Sommige mense glo mos ditbischulle reg om ” partie” te hou tot watter tyd vsn die oggend en kla nou net. Hulle was twee wat hom gekonfronteer het, wie sê dit was nie self erdediging nie.

Waarom ·

Wil net weet… Waarom is daar ‘n foto van ‘n pistool en ‘n .308 Norma doppie?

Susan ·

Dan kla jy hom aan vir rusverstoring, jy skiet hom nie dood nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.