KORREKSIE: Die polisie het intussen aangedui die tweeling het nie in die voorval gesterf nie. Paramedici kon die twee vroue glo op die toneel bybring. Klik hier om meer te lees.
ʼn 27-jarige polisiekonstabel het Sondagoggend twee susters in Emdeni, Soweto, doodgeskiet voordat hy homself doodgeskiet het.
“Die man het die tweelingsussies doodgeskiet. Een van die vroue was sy meisie,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Hy het homself daarna doodgeskiet.”
Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie. Die man was by die Booysens-polisiestasie gestasioneer.
Die polisie sal ʼn geregtelike doodsondersoek doen en moorddossiere is oopgemaak. -SAPA