Polisieman skiet vriendin, los seuntjie langs pad

court-hammer_thumb‘n Polisiekonstabel van Mpumalanga wat skuldig bevind is aan die moord op sy voormalige vriendin, is Woensdag gevonnis.

Richard Request Nyakane (31) is Woensdag in die rondgaande hof in Nelspruit tot 17 jaar tronkstraf gevonnis.

Regter Francis Legodi het Nyakane tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Tebogo Virginia Mashele en vyf jaar tronkstraf vir die verwaarlosing van hulle driejarige seuntjie.

Drie van die vyf jaar sal gelyklopend met die 15 jaar vonnis uitgedien word, wat beteken Nyakane sal 17 jaar tronkstraf uitdien.

Nyakane het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is sedert sy inhegtenisname op 11 Maart 2013 in aanhouding.

Nyakane was ten tyde van die moord ‘n konstabel by die Bosbokrand-polisiestasie.

Nyakane het op 10 Maart verlede jaar van sy huis in Casteel na Pelgrimsrus gery om Mashele en hulle seuntjie te gaan oplaai.

Hy het hulle opgelaai en na Graskop gery. Nyakane het naby die Vaalhoekmyn stilgehou.

Nyakane en Mashele het glo in ‘n argument betrokke geraak waarna hy haar vier keer in die rug geskiet het met sy dienspistool.

Nyakane het sy driejarige seuntjie langs die pad gelos en terug gery huis toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

bitterbekkie ·

15 jaar vir moord is n skande!! Wat is n vrou se lewe dan werk in SA?? Vrouens word afgemaai deur mal mans en dan kom hul skotvry daarvan af

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.