Polisieman skiet vriendin, toe homself

Argieffoto (Foto: MikeGunner/Pixabay)

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn voorval waarin ʼn polisiebeampte Woensdag sy vriendin doodgeskiet het voordat hy sy dienspistool op homself gerig het.

Volgens Grace Langa, woordvoerder van Opod, het die 39-jarige polisiesersant glo altesaam nege skote op sy 33-jarige vriendin afgevuur. Die sersant was by die Buffelshoek-polisiestasie digby Parys in die Vrystaat gestasioneer.

“Die sersant het in ʼn polisievoertuig na sy ouers se huis in die Tumahole-nedersetting in Parys gery. Sy vriendin en broer was tuis. Hy het geld vir sy broer gegee en gevra dat hy die DStv-rekening moet gaan betaal,” bevestig Langa.

“Toe die broer die erf verlaat, het hy [die broer] na bewering geweerskote gehoor. Hy is terug na die huis waar die sersant toe glo ʼn skoot in sy broer se rigting afgevuur het om hom weg te jaag. Die broer het uit die erf gehardloop. Dit is toe dat die sersant na bewering die vuurwapen in sy mond gedruk en homself geskiet het.”

Volgens Langa is die vriendin in die maag, kop, arm, been en bors geskiet.

“Die sersant en sy vriendin is op die toneel doodverklaar. ʼn Nadoodse ondersoek word Donderdag gedoen.”

Langa sê die motief agter die skietvoorval is in hierdie stadium nog nie bekend nie.

“Volgens inligting het die twee nie kinders gehad nie, maar daar word beweer dat die sersant besig was om lobola te betaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pimento ·

Polisiemanne kry nie die nodige sielkundige bystand nie .
Dis uiters jammer dat die moes gebeur .
Die broer gaan lewens lank hier onder lei

JohanR ·

‘n Niggie van my suster se gewese man was met ‘n polisieman getroud. Was die man jaloers. Hy kon vir dae voor hom uitstaar na ‘n tv as hy net DINK sy vrou het met ‘n ander man gesels, al was die selfs ek en sy alleen in ‘n vertrek soos die kombuis of sitkamer in hulle huis selfs met my sister en haar man teenwoordig. Hulle het twee lieflike kinders gehad. Sy is aan kanker dood, en sal altyd wonder of dit die stres was om saam met soe man te lewe?

Harley Davidson ·

Ek weet polisie beamptes is ook net mense met emosies en gevoellens, maar die wat diens doen in uniform behoort sterk selfbeheersing te hê en die keurings prosedure moet seker maak die wat nie voldoen nie aangestel word nie.

Perdeby ·

As hulle aansluit is hulle nog fine, maar alles wat hulle sien by ongelukstonele en ander moord of selfdood tonele kan ‘n baie groot effek op hule lewens hê. Ek was ook lank in die SAPD en weet dis nie altyd maklik nie.

Dries ·

Dit is n risiko om deedae met n polisieman n verhouding te he.

Swerwer ·

Dit kom deesdae darem algemeen voor, as ek kyk na watter streng keuring ons onderworpe was en hoe dit nou gaan is dit weereens die ANC wat geen benul van mesekennis het nie.

AW ·

Dink nou , die sivile saak teen die Polisie, wat die oorledene se familie teen die staat gaan insit !!

Dan ook, Hierdie voorval is presies so reg in die kraal van “Gun Free SA”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.