Polisieman skiet vrou, homself

(Argieffoto: SAPD, Facebook)

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn voorval waarin ʼn polisiebeampte sy vriendin se suster in George in die Wes-Kaap doodgeskiet het waarna hy die vuurwapen later op homself gerig het.

Sers. Mzwamadoda Fuzani was verbonde aan die Middelburg-polisie in die Oos-Kaap en was nie aan diens ten tyde van die voorval nie.

Sontage Seisa, woordvoerder van Opod, sê in ʼn verklaring Fuzani het sy vriendin se suster in die Thembalethu-informele nedersetting in George doodgeskiet waarna hy sy vriendin, ook ʼn polisiebeampte van Middelburg, agternagesit het.

Volgens Seisa kon Fuzani egter nie sy vriendin opspoor nie en het hy besef dat die polisie op sy spoor is. Hy het toe sowat 200 km van Middelburg homself in sy voertuig met dieselfde vuurwapen om die lewe gebring.

Dit is nie duidelik hoe oud Fuzani was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jan Nel ·

Ek wil graag ‘n vriendelike versoek aan die berigskrywers van MM rig. Indien julle verwys na Middelburg, meld asb of dit Mpumalanga of Oos-Kaap is. ‘n Eenvoudige afkorting OK of MP sal ook doen. Ek dink daar is dalk ander dubbel plekname ook in SA waar dieselfde sal geld.

Baie dankie.

Jan Nel ·

My opregte verskoning aangebied. Dit is die laaste keer dat ek drink én nuus lees.

stoney ·

In die 2de paragraaf word duidelik gesê in die Oos- Kaap. Lees bietjie mooi asb.

Adele ·

Jan, ek het lekker gelag vir jou comment “laaste keer wat ek drink en nuus lees”….toemaar my ook al oorgekom!

KV ·

Hy was nie oud genoeg of opgelei om n vuurwapen te hanteer nie.

Ep ·

Duidelik was hy hoogs de hel is vir sy girl en toe sussie nie wil saam praat toe is dit nag!! As ek so lees het hy nie sy vuurwapen ingedien na sy skof en sy vriendin het Glo die bevelvoerder moet bietjie nader getrek word en vra hoekom word dit nie meer gedoen in sy stasie … Sal graag daardie geborrel wil hoor !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.