Polisieman skiet vrou, toe homself in stasie

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte het sy vrou in die Houtbaai-polisiestasie doodgeskiet voor hy sy eie lewe geneem het.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die dood van ʼn 41-jarige sersant en sy 36-jarige vrou word ondersoek.

Volgens Traut het die voorval omstreeks 10:25 plaasgevind. “Die sersant se vrou het hom glo by die polisiestasie besoek waar hy haar doodgeskiet het tydens oënskynlik ʼn huishoudelike geskil. Hy het homself hierna doodgeskiet.”

Traut het gesê die beampte was aan diens ten tyde van die voorval. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wondernet ·

Gaan hul nou SAPS lede se vuurwapens ook wegneem? Hul pleeg net so baie moorde..

Johan H. ·

Ek voel niks vir die polisie nie ,veral na hierdie nuutste bevorderings skandaal nie. Moet n krimeneel wees om een te vang.

thelsa ·

Ek hoop die SAPS kry goeie verklarings vanaf die 2 hoofverdagtes. Dit behoort hulle in die ondersoek te help.

Alida ·

Dit is mos duidelik dat daar nie n ondersoek KAN wees nie. Wie gaan hulle aankla vir moord. Eish

IK ·

Daar moet altyd ‘n ondersoek wees al is die verdagte wat die daad gepleeg het dood. Dit is ‘n prosedure wat gevolg word om ‘n lêer ‘oop te maak’ sodat die ondersoek gedoen kan word.

Spark Plug ·

Na die ondersoek wat sowat 3 jaar sal vat…sal dit so 5 keer in die hof uitgestel word aangesien die beskuldigde nie opgedaag het nie. n Lasbrief sal uitgeriek word en die valke se hulp sal ingeroep word sodat die hoof verdagte vinnig vasgetrek kan word. Dit alles sal spoedig gebeur en mense “wees gerus, die polisie is daar om jou te beskerm”..so moenie vrees nie, hulle is op die bol

Boerin ·

Skerp, Sparkplug! Dis nes ons ons owerhede ken! Jy’t my lekker laat giggel!

Johan H. ·

Mooie sparkplug! Moetnie vergeet. Hulle sal ook geen steen onaangeraak los nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.