Polisieman steel glo uit premier se kantoor

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiekonstabel van Mpumalanga het Woensdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn in verband met die diefstal van ʼn skootrekenaar.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat konst. Promise Mashego (27) Vrydag in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn Apple MacBook uit David Mabuza, premier van Mpumalanga, se kantoor gesteel het.

Mashego is nie tydens sy hofverskyning gevra om te pleit nie. Die hof het gehoor dat kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe die beskuldigde, in sy polisie-uniform, die skootrekenaar van nagenoeg R28 500 vat.

Mashego is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy moet weer op 21 Januarie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Drieks ·

BEE, wat het dit ons gebring, verswakte polisie, weermag, eskom, hospitale, poskantore, munisipaliteite, buurland grense, ensv….

Nico ·

Ai, Promise, het hulle julle jou ‘n laptop gepromise maar nie ge-deliver nie? Toe redistribute jy hom maar en nou lyk dinge nie te promising nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.