Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat konst. Promise Mashego (27) Vrydag in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn Apple MacBook uit David Mabuza, premier van Mpumalanga, se kantoor gesteel het.
Mashego is nie tydens sy hofverskyning gevra om te pleit nie. Die hof het gehoor dat kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe die beskuldigde, in sy polisie-uniform, die skootrekenaar van nagenoeg R28 500 vat.
Mashego is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy moet weer op 21 Januarie in die hof verskyn.
BEE, wat het dit ons gebring, verswakte polisie, weermag, eskom, hospitale, poskantore, munisipaliteite, buurland grense, ensv….
‘n Skootrekenaar van R28,500 is die ding van goud gemaak of wat?
Ai, Promise, het hulle julle jou ‘n laptop gepromise maar nie ge-deliver nie? Toe redistribute jy hom maar en nou lyk dinge nie te promising nie!
Beste polisiemag in die wereld. Altyd eerste op die misdaad toneel.