Polisieman sterf dag voor vonnisoplegging

(Argieffoto: SA Polisie/Facebook)

ʼn Vrystaatse polisiebeampte wat veronderstel was om Maandag gevonnis te word, onder meer op aanklag van verkragting, is Sondag in ʼn motorongeluk dood.

Die beampte is vroeër skuldig bevind op nege aanklagte, waaronder verkragting en ander seksuele misdrywe.

Volgens Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het hy twee tieners verkrag. Een van dié tieners was reeds ʼn slagoffer van verkragting en het juis by die polisie om hulp aangeklop.

Langa sê die beampte het Sondag gevra om na Vereeniging te gaan om vir sy kinders klere vir Kersfees te koop. Luidens sy borgtogvoorwaardes mag hy slegs die gebied waar hy woon verlaat het met die goedkeuring van ʼn Opod-ondersoeker. Die ondersoeker het hom toestemming gegee om klere te gaan koop.

“Die beampte het nie vanoggend (Maandag) vir sy vonnisoplegging opgedaag nie. Opod is later in kennis gestel dat die beampte Sondagaand in ʼn motorongeluk dood is. Daar was ʼn vragmotor in die ongeluk betrokke,” bevestig Langa. Dit is nie seker presies wat gebeur het of waar die ongeluk plaasgevind het nie.

“Opod het sy dood bevestig en die ongeluk word ondersoek. Die saak teen hom is gesluit.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Di ·

Ja die lewe loop snaakse draaie met ‘n mens. Als gebeur met ‘n doel.

SjN ·

Klink eerder na selfdood, seker voor n onskuldige vragmotor ingeswaai. Lafaard wat weg hardloop vir sy dade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.