Polisieman sterf, een gewond in vulstasie-roof

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Polisiekaptein is dood en ʼn konstabel gewond toe daar Maandag in die vroeë oggendure ʼn skietgeveg tussen verdagtes en die polisie uitgebreek het. Die polisie was besig om ʼn leidraad van ʼn sakeroof wat aan die gang was op te volg.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het om 02:42 by ʼn vulstasie in Kwa-Mhlanga in Mpumalanga plaasgevind.

“Tien verdagtes het in ʼn blou Volkswagen GTI by die vulstasie stilgehou, uitgespring en die deur afgebreek. Hulle het klante en personeel in die personeelkamer ingedwing en hulle daar aangehou,” het Hlathi gesê.

Volgens hom het die aanvallers lukraak skote afgevuur. Hulle het die kassiere beveel om al die kontant op die perseel aan hulle te oorhandig en het ook gepoog om die kluis oop te breek, maar kon nie daarin slaag nie.

“Die polisie het by die toneel opgedaag en ʼn skietgeveg het ontstaan. Die kaptein is doodgeskiet en ʼn konstabel is gewond. Die gewonde polisielid is per ambulans na ʼn hospitaal gehaas waar hy tans in ʼn stabiele toestand aansterk,” het Hlathi gesê.

Die verdagtes het van die toneel gevlug met drie vuurwapens wat van die polisielede geroof is asook ʼn onbevestigde bedrag kontant.

Die polisie ondersoek sake van sakeroof, moord, poging tot moord asook ʼn oortreding van die Wet op Plofbare Stowwe.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan lt.kol. Isaac Kgobeng Magakwe by 082 318 9651 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Leahim ·

Daar ig geen vrees meer vir die polisie in Suid Afrika en met goeie rede as n mens kyk na hulle top bestuur wat begin by Mbalula reg af tot by die laagste rang is dit met goeie rede dat hulle as n grap beskou word maar waar los dit die algemene publiek wat op hulle vertrou om ons veilig te hou.Ek gaan weer sê stel stel of die ou lede aan om die stasies reg te ruk of ontlaan die hele spul en begin van voor af om die regte mense vir die pos te kry nie net n karakter wat geen ander werk kon kry nie .

Valie ·

Blykbaar is nie alle SAPD lede gekwalifiseer in die hantering van vuurwapens nie. Watter invloed sal dit hê op hierdie situasie waar die SAPD n skietgeveg ver verloor het?

snoefie ·

ek weet wat ek nou graag wil sê. maar laat ek volstaan met – waar is die dae van dapper, parate, goed opgeleide polisielede, gereed om elke situasie met kennis te benader en op los. nie net arrogant ” ons is saps wees bang” op te daag sonder n idee van n dag oud hoe om n situasie te hanteer nie.

Dirk01 ·

Bring die mobielle vinger afdruk stelsel terug en toets mense in pad blokkades vir verdagtes en elke persoon wat gestop of deur soek word ,word op die stelsel getoets of hy dalk iewers verbind met misdaad was…………..en strenger wets toepassing op ons neighbours wat so heen en weer beweeg en so sal die stelsel meer misdadigers filter

Tragies ·

Regtig tragies dat die Polisie kaptein oorlede is en die klom gemors met die wapens en kontant weggekom het, werklik Zuma, Fikile, is dit regverdig????

Chris Ws ·

Dis duidelik uit wat gebeur het dat die polisie lede wat kom “help” het nie naastenby opgelei was vir ‘n bende gewapende rowers nie.Die aantal polisie was ook te min vir die’ situasie.
Ons innige meegevoel aan die kaptein se naasbestaandes.

Rooiman ·

2 Polisiemanne met 9mm-pistole teen n oormag met outomatiese masjiengewere. Klink vir my of die rowers bang was…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.