Polisieman sterf in hoëspoed-botsing

Die polisiemotor se wrak. Foto: Via Arrive Alive.

Die polisiemotor se wrak. Foto: Via Arrive Alive.

ʼn 45-jarige polisiebeampte is Vrydagmiddag in ʼn hoëspoed-botsing in KwaZulu-Natal dood.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het gesê die botsing het omstreeks 16:00 op die M19-snelweg in die omgewing van Westville, tussen Durban en Pinetown, plaasgevind.

“Die beampte was alleen in ʼn amptelike polisiemotor toe hy teen die agterkant van ʼn stilstaande padinstandhoudingsvoertuig vasgery het,” het Van Reenen gesê. “Hy was in die motor se wrak vasgekeer en is met paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar.”

Omstandighede rondom die botsing word ondersoek. Maroela Media wag vir terugvoer van die polisie oor of die voorval verband hou met ʼn misdaad.

Lees ook: Nog geen rede vir jaagtog waarin polisieman sterf

Die padinstandhoudingsvoertuig. Foto: Via Arrive Alive

Die padinstandhoudingsvoertuig. Foto: Via Arrive Alive

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Vra maar net ·

Wanneer is die beampte se oë laas getoets? Het hy ‘n goeie gesig gehad vir al oor ‘n destansie?
Was die sig op die pad dan so swak? Was die motor se serene aangewees en ligte aan?
Ek dink nie so nie maar daar mag van my verskil word.

Niel ·

Innige simpatie aan sy naasbestaandes, dis so tragies. Vir die ander boomrokers, beamptes sonder lisensies word elders aangewend. Hul word nie toegelaat om te bestuur nie!

Rita ·

Regtig? Hou op wonder. Elke SAP lid wat n staatsvoertuig bestuur, word nog afsonderlik ook getoets. Die persoon is dood. Dis hartseer. Hoeveel mense sterf in pad ongelukke wat wel lisensies het. Het die lisensie hulle enigsins gehelp? Wonder maar net.

François ·

Rita, jy is verkeerd. Daar is heelwat beamptes sonder bestuurslisensies.

Frederik ·

Daar sal seker heelwat beamptes wees sonder ‘n wettige bestuurderslisensie. Die speaker van die parlement het dan hare gekoop.

Griki ·

Dalk was hy moeg na ‘n lang skof en het aan die slaap geraak? Sal ons ooit weet?

elize naude ·

ek stem saam met rita… dit is ń tragiese ongeluk… diegene wat in elke berig rassime soek as die persoon nie “blank” is nie… is juis self ń rassis…

Paul ·

Waar het jy gesien dat enigeen van kleur praat. Jy is dalk ras behep. En as julle die media gereeld lees, nie so lank gelede nie was daar ‘n berig van die skokende getal van lede wat nie oor lisensies beskik nie om nie eers te praat van wapenvaardigheid nie.

Truth-Seeker ·

elize, klink meer vir my dat jy die een is wat issues het met ras.. Niemand hier praat eers oor ras nie..

Naas Vermaak ·

Stem 100 % saam Lou…en dan spel die mense ook nog so vrot…maak my skaam om deel te wees van besprekings hier.

Deon ·

Liewe genade maar die mense se spelling is pateties!! En dan wil die wat die swakste spel nog ‘n ander ou se oë laat toets en sy bestuursvermoë in twyfel trek. Ek skaam my elke dag meer vir my volk…

tamboti ·

Miskien was die polisie beampte nie by bewussyn nie, of aan die slaap? Maar 16:00 is die einde van kantoor personeel se dagskof, nog nie tyd om op die pad te wees nie.
Waar so ‘n padinstandhoudingsvoertuig is/werk, moet daar waarskuwings tekens wees en spoedbeperking van 60km/h – die beampte het duidelik dit verontagsaam.
Maar die ware feite gaan heelwaarskynlik saam met hom graf toe RIP

Elize C ·

Die bestuurder kon ‘n halrtaanval agter die stuur gekry het ook….dit is hoe my neef jare gelede op 29 jarige ouderdom oorlede is, die na-doodse ondersoek het bewys hy het ‘n massiewe hartaanval gekry terwyl hy bestuur het, wat binne sekondes sy dood veroorsaak het, en het sy motor (hy was reeds fisies oorlede) agter in ‘n stadig-bewegende trok vas gery. Voordat die eintlike rede van sy dood bekend gemaak was, was daar ook vele bespiegelinge oor wat kon aanleiding gegee het tot die ongeluk, en nie almal vleiend nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.