ʼn 45-jarige polisiebeampte is Vrydagmiddag in ʼn hoëspoed-botsing in KwaZulu-Natal dood.
Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het gesê die botsing het omstreeks 16:00 op die M19-snelweg in die omgewing van Westville, tussen Durban en Pinetown, plaasgevind.
“Die beampte was alleen in ʼn amptelike polisiemotor toe hy teen die agterkant van ʼn stilstaande padinstandhoudingsvoertuig vasgery het,” het Van Reenen gesê. “Hy was in die motor se wrak vasgekeer en is met paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar.”
Omstandighede rondom die botsing word ondersoek. Maroela Media wag vir terugvoer van die polisie oor of die voorval verband hou met ʼn misdaad.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Wanneer is die beampte se oë laas getoets? Het hy ‘n goeie gesig gehad vir al oor ‘n destansie?
Was die sig op die pad dan so swak? Was die motor se serene aangewees en ligte aan?
Ek dink nie so nie maar daar mag van my verskil word.
Regtig? Hou op wonder. Elke SAP lid wat n staatsvoertuig bestuur, word nog afsonderlik ook getoets. Die persoon is dood. Dis hartseer. Hoeveel mense sterf in pad ongelukke wat wel lisensies het. Het die lisensie hulle enigsins gehelp? Wonder maar net.
Dalk was hy moeg na ‘n lang skof en het aan die slaap geraak? Sal ons ooit weet?
ek stem saam met rita… dit is ń tragiese ongeluk… diegene wat in elke berig rassime soek as die persoon nie “blank” is nie… is juis self ń rassis…
Simpel kommentare wat getuig van swak smaak.