Polisieman sterf in lokval

Argieffoto

ʼn KwaZulu-Natalse polisiekonstabel is Woensdag dood toe hy en sy kollega deur gewapende misdadigers in ʼn lokval gelei is.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 11:45 in Mbongolwane naby Eshowe plaasgevind. Volgens Zwane het konst. Jabulani Mavundla en ʼn kollega omstreeks 11:45 op ʼn rooftog in die Maqhogo-gebied gereageer.

“Op pad terug na die stasie is hulle deur die verdagtes in ʼn lokval gelei. Die verdagtes het op hulle losgebrand,” het Zwane gesê.

Mavundla is geskiet en het beheer oor die motor verloor en teen ʼn boom gebots. “Hy is op die toneel dood. Sy kollega is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling,” het hy gesê.

Volgens Zwane het die verdagtes Mavundla se dienspistool en -geweer geroof voor hulle van die toneel gevlug het. Sake van moord, poging tot moord en roof is by die Mbongolwane-polisiestasie aanhangig gemaak.

In ʼn ander onverwante voorval is nog twee polisiebeamptes Vrydag in die vroeë oggendure in die Inanda-gebied geskiet en gewond. Volgens Zwane het die beamptes ʼn Toyota Tazz met sewe verdagtes daarin opgemerk. Hulle het die voertuig genader en die verdagtes het op hulle losgebrand.

Die verdagtes het van die toneel gevlug en die voertuig is later vol bloedvlekke verlate in Phoenix gevind.

Albei polisiebeamptes is in ʼn ernstige maar stabiele toestand. Twee sake van poging tot moord word ondersoek.

Genl.maj. Bheki Langa, die provinsiale waarnemende polisiekommissaris, het die voorvalle ten sterkste veroordeel. Hy het gesê Mavundla het as ʼn held gesterf wat sy gemeenskap beskerm het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Al ·

Mooi en afgesaagde woorde help nie. Dit gaan nie die moorde op polisiemanne en boere ens. Verminder nie. Wat doen die misdaadintelligensie strukture en die gemeenskappe om hierdie euwel aktief uit te roei?
Sterkte aan die familie.

Vraagteken ·

Nou waar is al die mense wat die polisie permanent kritiseer op hierdie webtuiste? Hulle kla mos permanent hoe sleg die polisie is….

Die polisie het net so ‘n rowwe tyd!!!

Leahim ·

Vraagteken die persone het gekies om die werk te doen hulle bepaal hoe hulle dit doen proaktief of altwee n voertuig nader waarin sewe verdagtes is wat van hulp inroep of een gee gewapende dekking en die ander een beveel die verdagtes om een vir een aan die regter kant uit te klim en met hulle hande in sig op die grond plat te lê ek weet nie dit is wat ek sou doen in so n geval

CHRISTA ·

Vraagteken, dalk sal ons polisie in die toekoms 2 keer dink voordat hulle omkoopgeld van misdadigers ontvang en hulle dan vrylaat. Hulle sal uiteindelik tot die besef kom dat selfs HULLE in die toekoms deur daardie misdadigers aangeval kan word!!

Leahim ·

Ek voel regtig jammer vir die polisie lede en familie maar die gevolgtrekking wat ek hier maak is die aanvallers wat ek glo geen opleiding het nie is beter opgelei as die lede en dit is n probleem n groot een.

Johan ·

Leahm, ek stem saam met jou. Die probleem is die lede wil vir skiet oefeninge gaan nie. Hulle beywer hulle nie daartoe om te verbeter in die kuns van skiet nie. Tragies dat n lid sy lewe verloor het in die uitvoering van sy plig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.