ʼn Polisiebeampte is Vrydag in Mooiplaats in Pretoria doodgeskiet.
“Twee beamptes het patrolliewerk naby die Mooiplaats-afrit gedoen toe hulle ʼn blou Audi A4 genader het,” het lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die insittendes van die motor het op hulle geskiet en een van die beamptes is drie keer getref. Hy is op die toneel dood.”
Die verdagtes het weggejaag.
Makhubela kon nie bevestig of die beamptes teruggeskiet het nie. Hy het ooggetuies versoek om na vore te kom met enige inligting.
Die motor het ʼn Gauteng-nommerplaat.
Polisie wat hul werk doen. Wat ‘n tragiese voorval. ‘n Belangrike punt is egter weggelaat in die beriggewing nl. die dra van ‘n koeëlvaste baadjie.