Polisieman sterf ná kaping; man in hof

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn polisiebeampte van Noordwes tydens ʼn kaping geskiet het, het Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn.

Die saak teen Samuel Marothodi Maphanga (23) is tot 9 Desember uitgestel vir hom om regsverteenwoordiging te kry asook ʼn moontlike borgtogaansoek. Maphanga het voetboeie aangehad tydens sy hofverskyning.

Ao. Sipho Sithole is op 14 November tydens ʼn kaping in Letlhabile naby Brits geskiet. Sy motor is gesteel en hy is twee dae later in die hospitaal dood. Sithole, wat by die Assen-polisiestasie gewerk het, was tydens die voorval nie aan diens nie.

Sithole se motor is later verlate naby Soshanguve, noord van Pretoria, gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

adrian ·

N moordenaar in voetboeie en aansoek vir borg. In die land word verkragters, kapers, moordenaars, verkragters ens borg toegestaan. N uur of wat later doen die oortreder dieselfde misdaad soms erger. Borg word te maklik toegestaan en 1,2,3 loop die wilde een op straat en word losgelaat tussen wetsgehoorsame mense. Nee dit moet stop die wette is aan die kriminele kant . Raadop

talitha ·

Tragies. Polisiemanne se lewens is deesdae ook iks werd nie. Ek wens hulle wil hierdie mense wat moor amal verban Robbeneiland toe. Dan kan hulle mekaar daar geselskap hou of uitmoor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.